h1

Crackers/Fireworks/Klappers/Vuurwerke…

Januarie 9, 2010

Noem die kak maar enige iets wat mens wil, dit bly die grootste euwel wat enige iemand nog ooit invent het. En almal wat hier lees weet wat dit aan diere doen. Ons arme township hond het met die nuwe jaar geraas en gebêng so gebewe soos n riet en in elke hoekie van die huis skuiling gaan soek, sy het tot opgegooi van die stress. Twaalfuur toe dit op die ergste was, het ek met haar in haar bed gesit en haar net vasgehou en met haar gepraat terwyl sy geruk het van bewerasies. Orals het ek honde gehoor tjank en blaf tussenin. Neeeee man, dis mos net nie fair en reg nie!

Ons het jare terug n Staffie gehad wat deur die toe ruit gespring het met nuwe jaar, dit was net bloed orals in die huis. Dit was toe ons nog dommerig met honde was en het hulle alleen gelos, ek dink dit was ons eerste nuwe jaar met n hond (ek en Ian s’n). Ek kan ook nie eintlik onthou dat dit iets aan ons honde gedoen het toe ek nog by my ouers gebly het nie.

Ek wens genuine die goed kan weer in Suid-Afrika geban word, maar ek twyfel sterk of dit ooit sal want dis mos nou party se ‘geloof’ om die ‘Festival of lights’ met die stront te vier. Wat het n Cracker met die festival of lights te doen? vra ek met trane in my oge. Maar ons weet ook logiese denke is nie vir almal nie en hulle kan dalk nie insien dat die goed niks met festival of lights te doen het nie, maar vier wil hulle dit vier!

Nou wonder ek ook maar of al hierdie Facebook Groups iets sal kan verander…daaraan twyfel ek, dis maar soos petisies wat mens gevra word om te teken, persoonlik dink ek nie dit rig iets uit nie.

h1

Soek net opinies en sieninge…

Januarie 6, 2010

Ek wil net graag weet wat ander se opinies omtrent spiritulisme is. Het dit n plek of mening in n Christen se lewe? Is dit nie net gerieflik om daaraan te glo nie?

Hier is n stuk geskrywe/dokument, en dis die rede vir my vrae. Ek weet wat ek daarvan dink, maar wil graag ander se opinies ook hoor.

———————————————————————————————————

Battle of good vs evil

My son (18y) was possessed by demons – severe case which started in early 2009.
His mind was taken over resulting in him changing into a destructive monster with no emotions whatsoever.
Once he has destroyed and / or stolen everthing at home (you can not hide anything as the evil spirit would ‘spy’ on you and then return and lead the person’s body there – evil spirits take control of a person’s mind) he went on a destructive run.
The evil spirit was always very ‘scared’ of me and would remove itself from my presence; I did not understand why at the time.
Even at some stage when my son had some freedom to speak, he managed to say to my wife that I should just command the demon to leave – I did not know what he was talking about.
A message to me said only I can remove the demon/s.
I got a vision showing 5 silhouettes of different shades of grey & black
I was then dowsed in the Holy Spirit and a message saying, “All messages are from God the Father – I will lead you”.
Another message from God said that He wants me to ‘fight’ evil spirits as I have had such authorisation over the control of evil spirits ever since I was born.
Whenever my son went to bed, the evil spirits would leave his body and ussually pay us (my wife and I) a visit.
Evil spirits / negative energies can be felt on the skin as they ‘sweep’ a person’s soul and/or body parts.
Strength is proportional to the amount of negative energy.
I started to ‘cast’ / remove the first and strongest of evil spirits from my son on the 25th Dec at 9:20pm when the spirit came to my houise – my son was 650km away.
This spirit was removed from earth by using the name of Jesus Christ and the authorisational powers that goes with it.
The removal was confirmed as my son’s personallity changed with every evil spirit removed. The strongest spirit will take control of the possessed person’s mind / brain.
This happened between the 25th Dec-09 to 28th Dec-09.
As my son was ‘running ‘ from us since the beginning of Nov-09, I had asked God the Father to let my son phone me when he is ‘normal’ again.
The phone call came a day after the last and smallest demon was removed.
He (my son) wanted to come home …
All glory to GOD!!!

Interesting facts
The demon knew that I had ‘authorised control’ over all evil spirits before I even realised it.
Evil spirits move in and out of the possessed person’s body whenever they want to – especially at night as they do not have to sleep and it allows them to do other evil deeds.
They invite other less powerful evil spirits into the same body so they can ‘boss’ them around and let them keep ‘watch’.
They travel at the speed of thought.
My wife and I focussed on a suspected possessed person’s eyes 1000km away – a few seconds later the evil spirit was in our house to find out who we are and obviously what is our interest in the possessed person’s body – the evil spirit’s home.

Dis van mense wat die volgende website besoek en in die dinge glo.

Spiritual Science Research Foundation

h1

2010…Nuwe jaar…Ou probleme

Januarie 2, 2010

Hello almal! Hoop en vertrou almal het n lekker ’silly season’ agter die rug. Ek vir een is inniglik dankbaar dis verby want ek doen nie ’silly season’ nie of sal ek eerder sê ek cope nie goed met dit nie.

Ek is jammer ek het net so ‘weggeraak’, maar ek kan self nie eintlik explain hoekom nie. Dis maar een van daai dinge met my, ek doen dit met familie ook…skandelik, ek weet :lol:

Ek hoop ek is nou weer ‘reg en ready’. Maar soos ek sê Nuwe Jaar…Ou probleme. Daar het so paar dinge in my persoonlike lewe gebeur, maar ek sal dit vir n anderdag los want my kop het nou eers bietjie begin ophou spin met al die dinge en inligting, ek dink dit was grotendeels ook die rede vir my stilstuipe.

Intussen is ons nog happy in ons nuwe huis alhoewel alle dinge wat nog nie gedoen is nie (soos buite verf) moet wag want daar is eenvoudig nie nou geld daarvoor nie.

Dan die beste este nuus ooit en die grootste geskenk is….EK GAAN OUMA WORD!!! Is dit nie net te fantasties nie? Augustus volgende jaar gaan ek lekker popspeel, kan nie wag nie!!!

En nou hoop ek net dat ek nie weer sal ‘verdwyn’ nie :lol:

h1

Drome…Part 1.

Januarie 2, 2010

drome

Vertel jou drome, nagmerries en deel dit. Dalk, net dalk, kan iemand die betekenis van jou droom vir jou uitlê. Ons almal kry soms BAIE weird drome waaroor jy wonder.
KOM SHARE!!!

Ek sit hierdie post weer op want iemand wil graag n antwoord hê.’

As daar enige een is wat kan help asseblief?

h1

Ek’s Terug…Ek dink!

November 21, 2009

 

 

Jissie, maar dit was seriously n weird paar weke vir my. Alhoewel die trekkery nou oor en verby is en die huis HEERLIK is, voel my lewe deurmekaar en wel…weird. En ek weet nie eintlik hoekom nie, kan nie my vinger daarop lê nie.  Maar ek glo die gevoel sal ook verby gaan. Ek voel net nie normaal en soos my ou self nie. Miskien is dit die trauma van trek en verandering…wetie.

Probleme met outjie waarvan ek vroeër gepost het, ek voel BAIE bekommerd oor die kind en dan ook  sy ouers. My Pa is nou permanent op suurstof, moet glo 16 ure n dag suurstof kry, ek voel net uiters sad en so aan daaroor, veral omdat ek so ver van hulle af is. Die kind bly nou by my Pa-hulle ook nog, wens ek was daai kant om bietjie uit te help.

Terwyl ek nou so hier tik, kry ek die wete dat ek moet ‘Let go’, dis nie in my hande nie, dit moet oorgelaat word in God se hande, sommer als wat pla.

Anyway, ek sal probeer om nie weer so lank te ‘verdwyn’ nie :) . Ek mis my cyber family en vriende te veel. Hoop dit gaan voor die wind met julle almal en dat somer nou sal kom om te bly.

 

 

 

h1

Sak en pak…uiteindelik

Oktober 27, 2009

moving

 

Nou ja, die tyd het aangebreek om te pak en trek. Ek is baie besig die laaste tyd om te sort en te pak. Ons hol nog rond vir die laaste detail goed aan die huis, maar dit lyk of als reg sal wees vir intrek diè naweek…uiteindelik! Kan nie meer wag om ons eerste aand daar te slaap nie. Die honde het sommer ook n beter en groter yard. Behalwe vir ons township specialkie wat so oor mure spring sien ek goeie tye vir die honde ook. Maya, die een wat spring en die strate invaar, gaan n probleem daar wees want daar is nie baie vriendelike honde daar rond nie. Sy spring mos oor ander mense se mure ook en dink sy kan daar gaan kuier…eintlik n groot worry daai ! Ons weet nie juis wat om aan die situasie te doen nie…het al ALS probeer, ook die collar wat shock, maar dit het haar nie gekeer om soos n slet die strate in te vaar nie :lol: !

Dan het iets vandag gebeur wat my bietjie ontstel het…jaaaa, dit help nie om oor wildvreemde mense se situasies ontsteld te raak nie, maar mens kan mos nie help nie. Ek was by Lifestyle shopping centre toe n outjie van so 15 my vra vir kos. Hy sê hy en sy broer (wat so skaam en stil stil n ent van hom gestaan het…hy was seker so 17)het ge-hitchhike van Richardsbaai na Port Shepstone (dis moer ver, hoor), en is nou weer oppad terug Richardsbaai toe en hulle is platsak en dood van die honger. Vra ek hom toe nou hoekom het hulle so iets gedoen. Sy antwoord was dat hulle na hulle sussie gaan soek het, maar kon haar nie kry nie. Ek vra toe nou hoekom het hulle na die sussie gaan soek so ver. Blykbaar het sy weggeloop van die huis af want sy het uitgevind sy is swanger. Vir my was dit ontstellend dat twee kinders na hulle sussie op so n manier moet gaan soek. Hulle het heel ordentlik gelyk, na stil, skaam seuns, maar desperaat. Toe ek wegloop kon ek nie help om so in die loop vir die twee n gebedjie op te stuur nie. Waar slaap die twee as hulle nie n lift kry nie?

“Mag die Here hulle hande vashou en veilig terug huistoe bring, en mag die Here die familie help, wat ookal die hele situasie mag wees.”

7e07405d2bfb1813d767059fb6a40a71_we

h1

Elke huis het sy kruis

Oktober 20, 2009

blog image2

Ons het Saterdag so deur die potjie makery gesels. Met al ons mense se gekla en bitch oor hoe mislik en… en… en…  ons eie lewens is, het ek agtergekom elke huis het maar sy kruis, party dra net swaarder as ander aan hulle kruise. As ek so na almal se stories en dinge luister, is ek genuine seriously innig dankbaar vir my lewe en almal in my lewe. Al lyk ander se lewens so perfek, glo my, dit is nie, daar skuil tragedie, sadness of geraamtes in elkeen se lewe.

Ek het NIKS om oor te kla nie(maar mag ook maar sekerlik nou en dan fed-up raak :lol: ), regtig, daar word vir my gesorg…elke dag, elke oomblik. Nes ek dink daar is nie liggie aan die einde van die tonnel nie of ek raak erg gestress, gee die Here vir my uitkoms en antwoorde. As dit nie die uitkoms of antwoorde is wat ek van hou nie, berus ek maar want ek weet daar is n doel met alles. Wat weet ek nou? Die Here weet wat is die beste vir my, al dink ek anders.

Ek het al lanklal ontslae geraak van mense wat nie vir my en my gemoed goed is nie, en ek raak ook nie meer deurmekaar met sulke mense nie. As ek agterkom mense is negatief vir my, ignoreer ek hulle totaal en weldra kry hulle die boodskap.

Daar’s hy…vandag voel ek weer positief! :lol: Hoop dit hou en iemand iewers bars nie my bubble nie!

h1

Stressvol maar goeie tye

Oktober 18, 2009

Empty Your Head - Gemini Full Moon

Jissie, ek was omtrent uit sirkulasie die laaste paar dae. Ek voel soos n vreemdeling op my eie blog! :lol: Maar goeie bliksem, ek was besig en dit was stressvol. Want julle moet weet, ek lei eintlik n heleste rustige lewe die kant van die aarde, nie gewoond aan die druk van dinge MOET doen nie! Maar met die huisbouery wat nou einde se kant toe staan het dit bedrywig gegaan. En ek het nog nie eers begin pak nie. Daar is so baie goed wat ek wil en gaan en moet uitgooi. Vriendinne hier het gesê as ek klere uitgooi moet ek n ope dag hou vir hulle :lol: want ek het so baie flippen klere wat ek nie dra nie (party nog nuut) wat kom uit my ’shopoholic’ dae (gelukkig is ek nou so op n manier oor dit, net my ‘af’ dae gaan ek bietjie bos :lol: ) n Foto of twee van die huis binne sover:

Lynette 367

Lynette 368

Lynette 362

Intussen moes en moet ek nog vir Marcelle-hulle blyplek hier rond soek. En dis nie so n maklike taak as wat ek gedink het nie. Die kinders is heel vol kak ook nogal, die plekke is ongoddelik duur vir stront en dan as mens in n kompleks plek kry, word honde nie toegelaat nie. So, op die oomblik is ek en hulle al heel desperaat want hulle moet oor 2 weke die kant toe trek.

Maar ek kla nie, hoor, dit gaan so exciting wees in ons nuwe huis en met Marcelle hier naby ons! Dis al die stress werd!

Gister het ons n potjiekos kompetisie gehad by ons ‘local’ kuierplek. Ek het sowaar 3de gekom met my oxtail potjie! Let wel, ek het nog nooit ooit n potjie aanmekaar geslaan nie! Heel trots op myselwers! :lol: Hier’s n foudie van my poging en ag sommer n paar van ons kuiery:

Lynette 411

Lynette 418

Lynette 405

Lynette 423

h1

Bouncer of Splatter?

Oktober 9, 2009

bounce splatter

Lees nou die dag hierdie ’status’ van my broer se seun op FB:

I have learnt that you get 2 types of people in the world: bouncers, when they hit rock botom they pull together again and bounce right back up, and then the splatters: when they hit rock botom they will splat and fall apart. In the end it is attitude that makes us.

Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer dink ek dit is sooooo waar. Ek ken baie Bouncers en ek ken ook heelwat Splatters. Party mense bounce elke keer maar weer terug, maak nie saak watse en hoeveel houe die lewe uitdeel nie. Ander val weer uitmekaar sodra hulle die eerste hou kry.

Hoe meer ek van die kind (hy’s 18jaar) se status goeters lees, hoe meer sien ek dat hy wel n bouncer is, ek is so bly daarvoor, hoop net hy bly n bouncer. Die lewe het hom al n paar klappe uitgedeel, het begin met sy sussie se dood 13jaar gelede, sy was 2jaar oud en hy was 5. Hy het haar uit die kot gaan haal om mee te speel, het sy ma gevra of hy mag. Sy was besig om boeke te merk en het nie veel aandag verder geskenk nie, het gedink hulle speel in die kamer. Maar hulle was Jacuzzi kamer toe en sy het in die amper leë Jacuzzi geval en verdrink.  Laaaaang storie agterna, maar sy was in n semi-koma vir n jaar daarna en was helemal verstandelik aangetas. Op n dag het haar hartjie net ingegee en besluit tot hier toe en niks verder nie. Daarna het ons nie veel kontak meer met broer en skoonsuster gehad nie, al het hulle baie naby ons almal gebly, hulle het hulle self heeltemal van die familie onttrek (nou nog), en die kind het baie alleen groot geword (heel anti-sosiaal) . Sy Ma en Pa het van die ‘rails’ afgedonner. Dit kon nie lekker en maklik vir hom in sy vormingsjare gewees het nie. Hulle het hom seker op hulle manier aandag gegee, sal nie als weet wat in die huishouding aangegaan het nie, maar ek weet hy was n eensame kind en heeltemal te veel in net hulle geselskap.

Toe hy laas Desember vir die eerste maal in sy lewe vir ons kom kuier het, het ek eers gesien hoe erg anti-sosiaal hy eintlik is. Hy het telke male gesê hy kan nie glo hoe anders ons lewe is nie, ons doen dinge saam, waar hy altyd alles alleen moet doen. Hy het ook gesê dat dinge gaan in daai huis van hulle verander as hy teruggaan. Hy was baie bitter teenoor sy ouers en ek blameer hom geensins nie.

Ag, ek kan amper n boek skryf hieroor. Maar hy is n super intelligente kind en n ‘Bouncer’ ,  hy is n seriously slim kind en baie volwasse.

Is jy n Bouncer of n Splatter? Ken jy Splatters of uitsonderlike Bouncers?

h1

+- 43 Jaar terug en so aan…

Oktober 2, 2009

Ek was so in my noppies om ou foudies van my Ma af te kry. Die tyd toe die foto geneem is, dink ek, was ek so 2jaartjies oud, jip, dis ek daai, die kleintjie. Toe was ons nog net 5 kinders, maybe 6, want die boetie net jonger as ek is 2jaar jonger as ek, so hy was miskien net-net gebore of het nog gebroei.

PhilipEkTriciaElaine1966

Hier is P,my broer wat ek met die pan gedonner het :lol:   (4jaar ouer as ek), Ekke, P, sy het ons altyd uit die huis uit gesluit as sy huis skoon gemaak het, dan kak en kerm ons buitekant. Sy het een keer AL my klere uit die venster gegooi want my kas was omgekrap en onnetjies! (9jaar ouer as ek) en E, my sussie in die Kaap wie se make-up ek altyd stukkend gegooi het as sy my kwaad gemaak het! (6jaar ouer as ek). Weet nie waar A, my oudste broer was toe die foto geneem is nie. Seker iewers ander aangejaag.

Ek het eers daaraan gedink om fotos van nou op te sit die verskil te sien wat ouderdom doen, maar weens privaatheid sal ek dit maar n mis gee.

Die kosbaarste foto is sekerlik diè een van my Ouma…onthou julle? Hier sit en hekel sy n rokkie wat ek tot vandag toe het, maar bietjie ge-modify. Marcelle het tot hierdie einste rokkie een keer aangehad maar met pienk strikkies en lintjies. Iewers het ek n foto daarvan ook. My Ma het nou sie dag die rokkie gevat om skoon te maak (was lekker vol stof), en hom bietjie te restoureer, dan gaan ek hom in n raam sit.

Ouma Mills

mixed  party 205