jump to navigation

PRAAT MET MY!!! February 27, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
22 comments

cute121231

FOK, JULLE, KOMMUNIKEER ASB MET MY!!!!

Ek kan mos nie net heeltyd met myself kommunikeer nie!

INPUT MENSE…INPUT!!!

DANKIE!!!

xxxxxxxx

xxxxxxxx

Vrese of Phobias February 26, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
2 comments

funny489586Eintlik haat ek altwee hierdie woorde…Vrees/Phobia, net die woorde maak my sommer angstig, dit klink so of jy vrees moet vrees.

Nou kyk, ek dink ek het meer as my deel gekry toe dit by die uitdeel van vrese gekom het. Bliksem, ek vrees so baie dinge dat dit n wonder is ek verlaat nog die huis, maar dan weer vrees ek om by die huis te wees want ek vrees ek gaan uitmis op iets exciting.

Nee, ernstig nou, daar is so baie mense wat ernstige Phobias of vrese het. Dink maar aan die vrees vir oop ruimtes, vir werk, vir hardloop, vir water, vir jolyt(bad,bad een om aan te ly), vir slaap, vir kieme, vir hitte, en ja, daar is wragtag sulke vrese. Die mense kan mos nooit n normale lewe ly nie. Bliksem, daai vrees vir jolyt moet erg wees, veral vir die mense wat met daai suurknol moet saamleef…imagine dit! En dan die een vir werk…, ek voel sommer so aan my agter-ent dis net n verskoning vir fokken lui wees, ek kan aan n hele moerske spul mense dink wat aan n vrees vir werk ly! Mind you, ek doen ook partykeer! :lol:

n Paar groot woorde vanaf die slimmes vir die vrese/fobies!:

Agorafobie :vrees vir oop ruimtes

Akarafobie:vrees vir jeuk (eish, wat maak mens dan?)

Batragofobie:vrees vir paddas/parras en ander reptiele

Demonofobie:vrees vir duiwels

Dromofobie:vrees vir hardloop

Ergofobie:vrees vir werk (Sien, ek’t mos gesê daar bestaan rêrig so een)

Fagofobie:vrees om te sluk

Gefiedofobie:vrees vir n brûe (My personal favourite, ek’s moer bang vir n brug) Serrrrious, kry angsaanvalle as ek in die verkeer op n brug beland, en as ek onder deur moet ry, byt ek op my tande en bid om ander kant uit te kom.

Hipnofobie:vrees vir slaap

Kerofobie:vrees vir jolyt (KAK een)

Lalofobie:vrees vir gesprekvoering

Neofobie:vrees vir nuwighede

Nosofobie:vrees vir siekte(Ook een van my favourites)

Termofobie:vrees vir hitte

Daar is nog hordes meer. En dan nog obsessies ook, maar ons kan later dit cover.

So, as jy of iemand wat jy ken aan enige van bogenoemdes lei, dis eintlik “pretty normal” om darem vir iets bang te wees.

Ek kan seker nou so spot, maar dis nie n grap om ernstig aan so iets te lei nie, dit verkrippel(is daar ooit so woord) mens se hele lewe. Dit moet baie erg wees.

Ken enige een van julle iemand met n weird Fobie of Vrees?

Dolphins Playing February 25, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
3 comments

more about "Dolphins Playing", posted with vodpod

Sam…Die Labrador February 25, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
add a comment

Sit ek nou en kyk deur my fotos, en haak vas by my twee Labradors toe hulle eendag geswem het en toe in die sand gaan rol het, en my toe ewe trots en selfvoldaan aangekyk het…Daai gesiggies…TE DIERBAAR!MaddyMmoby

Wat my nou weer bring na n storie wat ek lank terug in die koerant gelees het oor Sam, die Labrador en hoe fantasties honde eintlik is! En ek wonder wat het van Rory geword?

Sam

Lastig of vreeslik “social” February 24, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
9 comments

funny10004

Sit ek en dink vandag aan n vrou wat ek geken het n heleste klompie jare gelede…flippet, sy was lastig. Ek was nog bitter jonk, Marcelle was toe so 2-3 jaar oud. Sy was n vreeslike mooi vrou, ek dink sy was so 4jaar ouer as ek.

Anyway, sy het elke liewe dag by my aangesit gekom met haar kind op die heup en een in die maag. En sy kon so baie praat!!! Elke dag…klokslag, met kosmaaktyd. Dit was so donners irriterend, dan sit en sit sy. Nou kyk, ek het nie baie vertroue in my kookkuns nie, en sy’t daar gesit terwyl ek kosmaak en my met arendsoë dopgehou.

—————————————

Dan was daar ook so n vriendinnetjie van Marcelle toe sy op Hoërskool was. Jimmel die kind was lekker spuls. So voor in die koor en oordadig. Elke keer as sy my gesien het wou sy my omtrent opvreet. Vat ek hulle iewers heen met die kar en ek sing, sal sy sê:” Oeee…Tannie sing so mooi!”  Meantime weet ek ek sing soos n kat wat kleintjies kry. Altyd so om my gedraai, sy het Marcelle ook so begin irriteer. Wionder ek nou wat van die kind geword het!

—————————————

Dan was daar in Desember die plaasboer by Jeffreysbaai wat by my en Ian kom sit het by die Jolly Dolphin. Dit was so 1uur die middag en dinge het baie lekker gegaan daar en net toe ek dink hier kan ons die hele middag kuier, plak die ou hom daar neer en begin gesels en uitvra. In die begin was dit nog ok, maar toe lyk dit al hoe meer of hy ons nooit weer gaan uitlos nie. Hy kon nie ophou kak praat nie. Dis hoogs irriterend, toe moes ons maar loop anders sou ons nie ontslae raak van hom nie.

Ek dink ons almal ken of het sulke lastige mense in ons lewens gehad.

Useless Information February 24, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
4 comments

So n paar uitvindings en ontdekkings wat minder bekend is(SA uitgesluit):

Aandpak      -     Pierre Lorillard IV     -     Amerikaans     -     1886

Barbie-pop  -     Ruth Handler               -     Amerikaans     -      1959

Bikini             -      Jacques Heim &

Louis Lumière            -       Frans                 -      1946

Bra                 -      Mary P. Jacob             -       Amerikaans    -      1913 (Simpel

vroumens)

Gesigsontrimpeling- Eugene Hollander-  Duits                  -      1901

Haakspeld    -     Walter Hunt                  -      Amerikaans     -      1849

Jacuzzi           -     Roy Jacuzzi                  -      Amerikaans     -       1968

Legkaart        -      John Spilsbury           -     Brits                    -        1767

Nivea-Room-      Paul Beiersdorf           -     Duits                   -        1911

Whiskey         -      John Cor (monnik)    -     Skots                  -         1494

Dink net hoe moeilik die lewe sou gewees het, was dit nie vir n klompie slimmes nie! Dink ek bv. aan wasmasjien, skottelgoedwasser, elektriese verwarmers, velcro, roltrappe, skeermes, sakrekenaars ens ens.

Petty Crime se hele Gat!!!! February 23, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
6 comments

funny1001

Wie ook al dink Petty Crime is petty…dis n pot kak! Dis defnitief nie petty vir die een aan die ontvangkant nie! Ek is moerig verby oor my handsak wat gesteel is, al was dit nie my elke dagse handsak nie (Dit sou n hele ander moles gewees het), is dit erg genoeg. Die inhoud van my handsak: Beursie met AL my kaarte, Ian en my sonbril, selfoon(nuwe een), Ian se sleutels wat insluit sy bakkie s’n, slot van die huis waar ons bou en huis sleutels. Nou kyk, ek het die skade so rofweg bereken:

Handsak: R80, Sonbrille(2paar): R600(myne was n cheap paar,Ian s’n duur), Beursie: R140, selfoon: R2000, vervang van sleutels : Wetie eers nie, maar klaar is dit min of meer R2800.

Dan nog al die oproepe ens. om kaarte te kanselleer en te vervang.

Dis sommer net uiters Bullshit en onnodige geld wat ons nou moet uigee. En dan word dit Petty Crime genoem…KAK MAN!!!! Crime is donnerse Crime!

Ergste is die klein donners doen dit gereeld(blykbaar) by die rugby stadium. Ek wens ek kan so een vang en n klap gee dat sy snot spat. Bleddie klein kriminele. Ek sê klein, want blykbaar is daar n gang van snotkoppies wat dit gereeld doen.

Ok, nou voel ek klein bietjie beter! Net klein bietjie….

funny58686

Jou kind…weet jy waar hy/sy is en wat hy/sy aantrek as hy/sy uitgaan???? February 22, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
8 comments

Bleddie hel, ons was gister by Absa Stadium vir die rugby. En ek kon nie glo hoeveel kinders, ja, kinders tussen 11 en 16 jaar daar rondhang nie. Van hulle was teen 8:30 die aand moedeloos dronk! Een meisie se vriendinne moes haar aanhelp kar toe…sy was dalk so 17. Een outjie het bo-oor n asblik (propvol drankbottels) gedonner van dronkgeit, dan dink sy tjomme dis moersnaaks.

Anyway, nou kom ek by die meisies se klere! Fokkit, dalk kan mens dit nie klere noem nie….daar is so min van. Hulle lyk soos klein sletjies in the making. Hulle is wel pragtige meisies, maar hulle flaunt behoorlik…nie bekoorlik. Man, ek is nie outyds of “agter” nie, glo my, maar ai. Daar was n jong outjie saam ons, en even hy het gesê as sy dogter so moet aantrek, laat hy haar nie uit die huis uit nie.Mens kan mos sexy lyk sonder om soos n slet te lyk…IEMAND moet die arme kinders dit leer.a1857

Nou wonder ek, is daai kinders se ouers blind? Of is hulle ook maar so? Of stel hulle net nie belang nie?

Dis baie baie sad…

DROME February 21, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
39 comments

drome1

Toe ek vanoggend wakker word, wonder ek hoekom droom ek elke liewe donnerse aand? Kan ek nie net slaap sonder dat my bewussyn besig bly nie. Geen wonder ek is so uitgeput as ek wakker word nie…fokkit, EK IS BESIG…tot wanneeer ek slaap.

Gisternag het ek koshuiskamers skoongemaak, ek is nog so besig met die skoonmakery toe stop ek net daar en sê vir myself (in my droom) “Hoekom maak ek ander kinders se gemors skoon, stuff hulle, hulle kan maar in die vuilgeit bly”

My ander droom: n Vreemde vrou sit voor my en kla oor haar bra. Julle weet daai kak halwe bras wat ons arme Evas partykeer MOET dra? Nou ja, sy kla so dat die bra te groot is vir haar en toe ek mooi kyk, toe staan die bra so bakhand weg van haar lyf en daar is nie eers n ou tietietjie in sig nie. Volgende oomblik strip n vriendin van my (so n maergaai met groot tupperware borste) en sy dans so rond, haar man gryp haar toe (baie moerig) en trek haar aan met so weird wit gedoente en druk haar in n stoel en maak haar vas aan die stoel.

En o ja, somewhere in between was daar n plaas ook nog en skape en kleingeld en n outjie wat ek op verlief was toe ek so 15j oud was…I sheet you not…als so deurmekaar.

Ek is nou so uitgeput van al my travels in my drome :lol:

Glo julle mens moet luister na jou drome? Sal mens weet wanneer om te luister en wanneer n droom rêrig iets vir jou probeer sê?

Het enige iemand n droomboek wat sê wat jou drome beteken? Ek het sommer 3, kan mos nooit happy wees met net 1 nie, alles oordadig!

Sommer nog…paar van my “werke” February 20, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
6 comments

Sommer nog fotos…ek is nou so chuffed met myself!

Nog fotosn Klip wat ek geverf het toe ek nog “woema” gehad het vir die dinge!

Sommer nogSommer nogSommer nogSommer nogSommer nog