jump to navigation

Reinkarnasie/Reincarnation???? April 29, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
14 comments

reincarnation1

Ek wonder oor reinkarnasie/reincarnation. Glo jy aan dit? Kan mens glo dat jy n vorige lewe gehad het as iemand heel anders? Kon jy as vrou n man gewees het of jy as man n vrou? Ek wil regtig meer uitvind oor hierdie topic. Het enige iemand al so iets beleef wat jou teruggeneem het na jou vorige lewens? Ken enige iemand iemand wat so iets beleef het? Is dit teen Christelike beginsels om dit te glo of te ondersoek? Ek het op hierdie stukkie afgekom:

The Bible contains passages in the New Testament that seem to refer to reincarnation. In Matthew 11:10-14and 17:10-13, Jesus says that John the Baptist is the prophet Elijah who had lived centuries before, and he does not appear to be speaking metaphorically.

Ek moet sê dat ek een keer so iets gedoen het met n cd van n vrou wat praat, baie rustig en ontspannend, mens gaan in n meditasie. Doodse konsentrasie en ontspan, en dit het wel gevoel of ek ‘weg’ was, diep in my eie kop. Toe ’sien’ ek n toneel voor my. 18de eeu, n Fransman, met so n frilletjies hemp en onderbaadjie. Pofferige kniebroek, lang wit kouse en swart boots. Hy het sulke langerige swart krulhare gehad. Hy het in die middel van n plein gestaan en mense om hom het hom uitgelag. Hy was n skrywer/joernalis?(weet nie eers of daar so iets was daai tyd nie) en hy was baie onkonvensieël en daarom het die mense vir hom gelag! Hy was skaam en verbouereerd. Dit was n weird ding, hoor, ek weet nie wat om daarvan te dink nie. Wat sal dit beteken, indien enige iets? Ek onthou daai toneel nog steeds so duidelik soos daglig.

Wat dink julle? Wat glo julle? Ek wil regtig verskillende opinies omtrent hierdie hoor. Is dit n bol stront of is dit die moeite werd om te ondersoek?

Die klank van stilte April 28, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
8 comments

avatar

Ek hou van stilte…die lekker, rustige stiltes op sy tyd. Maar daar is ook tye wat ek dik raak van al die stilte, dan soek ek geraas en mense, net om te kan weet ek is nie alleen op hierdie ou aarde nie!

Mens kry mos maar verskillende stiltes.
Daar’s die kille stiltes van mense wat kwaad vir mekaar is, dis n ongelukkige stilte. Dis n kak stilte, wanneer mens kwaad vir mekaar is en jy broei so in die stilte met jou gedagtes….PRAAT EERDER!!! Praat dit uit en beweeg aan indien moontlik!
Dan is daar die stiltes van n couple wat al jarre der jarre saam is en n baie gepraat is nie meer nodig nie, hulle kan mekaar nog steeds in stiltes geniet. Hulle het vrede met mekaar gevind en woorde is nie meer nodig nie.
Deesdae is die lewe so n gejaag dat mense vergeet het wat gehalte stilte is. Dis musiek, afsprake, kinders, werk. Mens raak so gewoond aan die geraas en gejaag na wind dat wanneer mens wel met stilte gekonfronteer word, mens vinnig soek na iets om jou besig te hou, dan sê ons ons is verveeld! Ons weet nie meer hoe om stilte te hanteer nie. Baie mense is bang vir stilte…dis mos wanneer jy die stem van jou gewete kan hoor, of wanneer dinge van die verlede weer opgeroep word…herinneringe, want dan het jy tyd om te DINK en te ONTHOU!
Mens kan ook stil wees sonder om eensaam te wees… Stilte gee jou nuwe krag.

Ons het die stilte nodig…net om jou bearings weer bymekaar te kry.
Ons het die stilte nodig…om weer God se stem te hoor, om na Hom te luister. Mens kan net waarlik na Hom luister as mens stil raak voor Hom.
In stilte kan jy baie ander dinge “HOOR”!

Shhhh…….LUISTER NA DIE STILTE!

ast

Jasmine, die Moeder Theresa van honde April 26, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
2 comments

Hierdie e-mail het ek van Smiiile gekry…thanx Smiiile! Dis te pragtig! Ek is mos so lief vir honnes en die storie is sowaar een van my favourites.

Lyk Jasmine nie baie na my ou honnes nie? Ons het haar by die SPCA gekry. Sy was gekry in n longdrop toe sy net weke oud was! Sy het blykbaar al vir n paar dae daar geveg in die longdrop om haar ou lewetjie, dis ook hoekom haar neus beskadig is. Syhet so n sagte geaardheid en is soooo liefdevol! Sy lei nou n koningslewe hier by ons…die brat! Ek kan nie verstaan hoe mense die arme goedjies kan mishandel nie. Kyk net hulle sagte oges.

photos-389photos-390

Mother Theresa of Dogs

Jasmine

jasmineIn 2003, police in Warwickshire , England , opened a garden shed and found a whimpering, cowering dog. It had been locked in the shed and abandoned. It was dirty and malnourished, and had clearly been abused. In an act of kindness, the police took the dog, which was a Greyhound female, to the nearby Nuneaton Warwickshire Wildlife Sanctuary, run by a man named Geoff Grewcock and known as a willing haven for Animals abandoned, orphaned or otherwise in need. Click for-http://www.warwickshirewildlifesanctuary.co.uk/index.htm Geoff and the other sanctuary staff went to work with two aims to restore the dog to full health, and to win her trust. It took several weeks, but eventually both goals were achieved. They named her Jasmine, and they started to think about finding her an adoptive home. But Jasmine had other ideas. No-one remembers now how it began, but she started welcoming all Animal arrivals at the sanctuary. It wouldn’t matter if it was a puppy, a fox cub, a rabbit or, any other lost or hurting Animal, Jasmine would peer into the box or cage and, where possible, deliver a welcoming lick. Geoff relates one of the early incidents. “We had two puppies that had been abandoned by a nearby railway line. One was a Lakeland Terrier cross and another was a Jack Russell Doberman cross. They were tiny when they arrived at the centre and Jasmine approached them and grabbed one by the scruff of the neck in her mouth and put him on the settee. Then she fetched the other one and sat down with them, cuddling them.” “But she is like that with all of our animals, even the rabbits. She takes all the stress out of them and it helps them to not only feel close to her but to settle into their new surroundings. “She has done the same with the fox and badger cubs, she licks the rabbits and guinea pigs and even lets the birds perch on the bridge of her nose.” Jasmine, the timid, abused, deserted waif, became the animal sanctuary’s resident surrogate mother, a role for which she might have been born. The list of orphaned and abandoned youngsters she has cared for comprises five fox cubs, four badger cubs, 15 chicks, eight guinea pigs, two stray puppies and 15 rabbits. And one roe deer fawn. Tiny Bramble, 11 weeks old, was found semi-conscious in a field. Upon arrival at the sanctuary, Jasmine cuddled up to her to keep her warm, and then went into the full foster mum role. Jasmine the greyhound showers Bramble the Roe deer with affection and makes sure nothing is matted. “They are inseparable,” says Geoff “Bramble walks between her legs and they keep kissing each other. They walk together round the sanctuary. It’s a real treat to see them.” Jasmine will continue to care for Bramble until she is old enough to be returned to woodland life.

jasmine3

jasmine2When that happens, Jasmine will not be lonely. She will be too busy showering love and affection on the next Orphan or victim of abuse.

jasmine4From left, Toby, a stray Lakeland dog; Bramble, orphaned Roe deer; Buster, a stray Jack Russell; a dumped rabbit; Sky, an injured barn owl; and Jasmine with a Mothers heart doing best what a caring Mother would do… Such is the order of God’s Creation.

Going nowhere slowly…. April 26, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
3 comments

convert

Ek is soooo lus om net iewers na nêrens te ry nie. Net te ry en ry, vry met die wind in my hare strandlangs, Smokie se musiek kliphard! Dalk hier en daar stop, net vir die lekkerte om die natuur en lug diep in my longe in te asem

Kom droom saam my….

n Rooi convertable, musiek kliphard, strandlangs, vars lug, vry!

Daar kan so 2 of drie van ons in die kar wees. Ons ry, dis n heerlike sonskyn dag. Die een langs die bestuurder se voete is op die dashboard, die bene blootgestel aan die son, die een agter lê lui terug met die oë toe en bene uitgestrek. Ons sing saam met Smokie se “Don’t play your Rock and Roll”. Daar is niks verkeer, net ooptes. Ons stop by  so klein strandjie, daar’s nie n siel in sig nie. Ons hardloop met die duine af met die sand tussen ons tone tot by die vlakwater. Een van ons het n bottel Champagne saamgebring en ons sit stil en drink(sommer uit die bottel).

Ons ry verder, langs die pad is daar straatverkopers wat uittand  breed lag en ons waai vir hulle.  Ons sing en drink nog Champagne (dronk bestuur bestaan nie in drome nie…onthou! :lol: ) Tussendeur lag en gesels ons. Ons is oppad na nêrens, wanneer ons moeg raak stop ons by n klein dorpie met een piepklein plaas hotelletjie. Ons sit in die knus sitkamertjie en kuier tot laatnag en gesels groot dinge.

Die volgende dag ry ons verder……na nêrens en vry!

vconvert1

Wat sê die sterre? April 26, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
add a comment

Kyk, ek glo nie vir n oomblik aan sterre voorspel nie, hoe op dees aarde kan n mens se toekoms voorspel word in stertekens? En dat daar wel mense is wat geld maak daaruit is my gat se deksel. Ek lees NOOIT my sterre voorspel nie, dit voel net verkeerd. Daar is wragtag mense wat hulle lewe daarom leef.

MAAR…wat ek wel van hou om te lees is die verskillende stertekens se persoonlikhede. Ek dink daar steek nogal waarheid in. Dalk is dit hoekom sekere mense met mekaar oor die weg kom en ander glad nie. Ek weet vir n feit dat ek nog nooit met Cancerian(Krappe) mans oor die weg kon kom nie, ook nie met Taurus(Bulle) nie. Ek het n boek gehad(wat ek alweer uitgeleen het en nooit teruggekry het nie)van Linda Goodman wat in detail al die Stertekens se persoonlikhede bespreek, van kind, tipe baas, man, vrou. En dis genuine baie raak. Ek is n tipiese Tweelingkind! En ek het al soveel male in my lewe agtergekom dat ek alewig twee of meer van als moet hê(Okay, behalwe n man! :lol: ). Bv. as ons gaan eet, moet ek n Kaasous en n Garlicsous hê, ek het twee beursies, twee handsakke(wat ek GEBRUIK amper daagliks), twee kameras, en so kan ek aangaan.

Gemini/Tweeling:

    LIKES

  • Talking
    Novelty and the unusual
    Variety in life
    Multiple projects all going at once
    Reading
    DISLIKES

  • Feeling tied down
    Learning, such as school
    Being in a rut
    Mental inaction
    Being alone

Traditional
Gemini traits

Adaptable and versatile
Communicative and witty
Intellectual and eloquent
Youthful and lively

On the dark side….

Nervous and tense
Superficial and inconsistent
Cunning and inquisitive

gemini-female1

Gemini, the sign of the Twins, is dual-natured, elusive, complex and contradictory. On the one hand it produces the virtue of versatility, and on the other the vices of two-facedness and flightiness. The sign is linked with Mercury, the planet of childhood and youth, and its subjects tend to have the graces and faults of the young. When they are good, they are very attractive; when they are bad they are more the worse for being the charmers they are. Like children they are lively, and happy, if circumstances are right for them, or egocentric, imaginative and restless. They take up new activities enthusiastically but lack application, constantly needing new interests, flitting from project to project as apparently purposelessly as a butterfly dancing from flower to flower. To them life is a game which must always be full of fresh moves and continuous entertainment, free of labor and routine. Changing horses in the middle of the stream is another small quirk in the Gemini personality which makes decision making, and sticking to a decision, particularly hard for them.

They can become uncertain of themselves, either withdrawn, or nervously excitable worriers, sullenly discontented, hard and irritable, with “Self” looming ever larger in their struggles. On the other hand their versatility can make them very adaptable, adjusting themselves to control the world around them by means of their inherent ingenuity and cleverness.

Gemini subjects take nothing seriously. So, in love, in spite of their temporary depth of feeling, for the intensity of involvement lasts only while it is new, they are superficial, light-hearted, cool, flirtatious and unimaginative in the understanding of the pain they may give others. They like intrigue, the excitement of the chase, but once they have caught the prey, they lose interest and look around for the next creature to pursue. In less serious situations they make witty, entertaining companions, good acquaintances rather than friends. Even at their worst they are never dull – there is usually playfulness below the surface, and they can be brilliant conversationalists – but they can also be quarrelsome, prattlers, boasters, liars and cheats.

Gemini rules the arms, shoulders, hands, lungs and nervous system and its subjects need to beware of diseases and accidents associated with the upper part of the body, as well as nervous and pulmonary disorders such as catarrh and bronchitis. Their mercurial nature may also affect a constitution which is not strong if it is put under strain.

You are prone to taking unnecessary risks and wind up harming yourself or others in the process. Sometimes pursuing pleasure too vigorously could also qualify as risk taking.

————————————————————————————————

8381_bsigns1signs3signs5


signs6signs7
signssignsa9star1

star

signs101

Jou opinie omtrent hierdie sakie???

Michael Learns To Rock – Breaking My Heart April 25, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
add a comment

My musiek vir Saterdagaand

En net omdat my brein eenvoudig te luigat is vanaand om te dink, sit ek maar net bietjie musiek op. Ek was heel middag besig om my fotos uit te sorteer en op discs te sit en te organiseer…nou’s ek poegaai! Hopelik kan ek een of ander stront vanaand uitdink om te kom skryf! Vanaand is rêrig n lui aand vir my, ek sien en hoor so bietjie weerlig, lyk en ruik na n reëntjie. En nou gaan ek my Skype probeer sort!more about “Michael Learns To Rock – Breaking My …“, posted with vodpod

Affirmation By Savage Garden April 25, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
add a comment

My musiek vir Saterdagaand

Hierdie song het vir my baie ware en mooi woorde…luister mooi! Ek is mal oor Savage Garden!

more about “Affirmation By Savage Garden“, posted with vodpod

Die dating game vir n vrou oor 40…. April 23, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
8 comments

date2

Luister ek gisteraand vir my sussie van die Kaap oor al die verskillende manne wat sy al teëgekom het in haar jare as single en oor 40 (haar regte ouderdom SAL nie bekend gemaak word nie… :lol: ) Man, ek het my gat af gelag vir haar beskrywing van party van die karakters!  En vanoggend sê ek vir my ma ek is so bitter dankbaar dat ek nie meer single is nie en dat ek n damn goeie man het!

Mens kan net eenvoudig nie glo watse weirdos daar buite rondloop nie!

Byvoorbeeld vertel sy ons van die een meneer wat haar genooi het na n braai toe. Daar aangekom, sit al die mense in so kring buite om n piepklein braatjie met die neef wat in die middel staan en kak grappe vertel waarvoor net hy lag. Die atmosfeer was styf en dit was koud buite. Sy het daar gesit en bibber van die koue. Hy bring vir haar sulke blou goed in n laaaang glas om te drink (sy drink nie drank nie, doodeenvoudig omdat sy nie van die smaak hou nie), sy vra toe vir koffie net sodat sy kan warm word, hy strip sy moer bietjie en sy wag nou nog vir haar koffie. Halftwaalf die aand is die braai nog nie gereed en haar maag grom soos n kopseer leeu! En meneer suip dat die byle huil voort. Sy wil toe huistoe gaan, hy raak kwaad en gooi kos in n bord (vleis nog half rou), en gulp dat die spoeg so spat die kos af! Sy wil nie die rou vleis eet nie, maar hy insist sy MOET eet, sy eet toe maar die groente of iets dergliks wat beskikbaar was. Toe sy die klein worteltjie eet, vertel hy vir almal wat wil hoor dat sy darem n wortel eet! Toe hulle uiteindelik huistoe ry, ry hy met n spoed wat Michael Schumaker sal laat skaam kry en die musiek so hard soos n taxi s’n! Sy het hom nooit weer gesien nie. Maar haar beskrywing van die mannetjie!!! Hy was so n kort donker affêre (vreeslik getên), met so baie borshare en n pienk oopgeknoopte hemp en n dik goue ketting wat amper verdwyn tussen die oerwoud van borshare. Die hare was laaank agter en kort voor (fokkit, ek het gedog daai hairdo is jarre terug agtergelaat!!!), en hy loop met so uitgesteekte borsie soos n kapokhaantjie!

Dan was daar een wat sy skoene by die eettafel uitgetrek het omdat hy glo so gemaklik in haar geselskap voel! En dit nadat hy heeldag met die skoene(vellies) en kouse geloop het en dit nogal n klankie ook gehad het! O hel, gril ek nou tot in my kleinste toontjie!

Dan die een wat orals krap en kriewel in geselskap, en dan wat hy ookal krap so tussen sy naels uitskiet!

Dan die een wat haar stalk! En so kan ek n hele paar wierdos opnoem! En dit maak my regtig bitter dankbaar vir wat ek het! Dit moet regtig moeilik wees om die regte maatjie te vind op n nie meer so jeugdige ouderdom nie! En dit gaan seker vir mans ook, daar is net so baie weird vrouens daar buite.

Enige tips mans of vrouens oor 40 wat nog date?

dating1

Stemdag April 21, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
16 comments

a4568aSit ek nou en dink aan die stemmery môre. Hier die hele week al…net waar ek gegaan het, sien ek hierdie vreeslike a en c convoys. Dit hang by die vensters uit, krioel deur die sunroofs en blaas op daai simpel goed wat hulle by die sokker op blaas, flip, kan nie nou aan die naam dink nie, maar julle weet seker waarvan ek praat en dit gil en skree. Omtrent so twintig verskillende voertuie, enige iets van n Merc tot by bakkies. Al die grote swart karre het getinte vensters. Dis nou die a en c. En vlae en posters en sakkies wat hulle uitdeel. Vaderland, die eerste keer was ek in n Shopping Centre en het gedink die Filistyne is op ons! Dit was n geraas van n ander wêreld daai! Maar wat werklik opvallend was, was dat nie een voetganger juis baie impressed gelyk het nie (Swartes inkluis). Hulle is mos in IFP territory! Persoonlik dink ek dis net n opswepery…hulle wil net die Zoeloes kom afpis! En dan pis hulle sommer ons ook af vir n bonus!

Daar is nie n teken of n piepgeluid van enige van die ander partye nie. Hoekom nie? Is dit hoe die a en c mense opgewerk kry? Is dit hoe hulle brainwash dalk? Ek weet rêrig nie veel van politiek af nie en dis maar hoe dit vir my lyk.

Ag, en dan kom dit by my keuse. En ek is genuine tussen twee partye waarvoor ek wil stem!

Luister ek na my hart? (VF) of na my common sense? (DA)?

a28a versus a23a

Hoe besluit jy vir wie en wat om te stem? Gaan jy stem?

Nog fotos… April 21, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
10 comments

photos-267photos-282

Marcelle en Larry (my seun)

photos-284photos-261