My tannie in Margate Junie 30, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.4 comments
Kan nie help om vandag aan my Tannie in Margate te dink nie. Ek wil so graag vir haar gaan kuier, maar mens se lewe is so bleddie besig. As mens n groot dosis lag wil hê, moet jy vir my Tannie Marie gaan kuier. Sy is so mal soos n haas en mens kan net nie help om te lag as sy in die omtrek is nie. Sy vertel nie grappies nie, nee, sy is net vanself so funny. Sy het net n manier om n ding te sê of te vertel dat dit skreeusnaaks is.
Sy vertel ons een keer van my nefie (haar seun), hy is gay. Hy bly nog by hulle in die huis op die rype ouderdom van 44. In elk geval, sy vertel dat hulle eendag gestry het, niks major nie, net so gekêf kêf, weet ook nie eintlik waaroor nie. Sê hy toe vir haar dat as sy nie ophou nie gaan hy volgende keer as sy mense kry, een van haar rokke aantrek dan het sy iets om oor te kêf. En as sy wil, sal hy elke dag n rok dra! Maar die manier wat sy dit oorvertel is regtig holskeurend!
Sy het by Marcelle se troue vir menigte komiese oomblikke gesorg. Die mense wat haar nie geken het nie, het verseker gedink die vrou is so dronk soos n spook, alhoewel sy glad nie drink nie. O ja, behalwe die een keer met n familie byeenkoms waar ek nie was nie
, het sy blykbaar brandewyn…(van alle dinge) gedrink. Soos die storie aan my vertel is (en die video as evidence) was dit n moersnaakse gebeurtenis. Ek kan my dit indink.
Maar sy het ook tragdie in die hoogste graad gehad in haar lewe.
Haar man was/is (ek weet nie hoeveel hy nou drink nie) n alkoholis. Sy het hel met daai man gehad, ek onthou baie kere toe ek kind was hoeveel kere my Pa moes help met die man. Dit was ook my Tannie se woorde wat my finaal laat besluit het om van my alkoholis man te skei. Sy het gesê: “Jy kan nie jou hele lewe so aangaan nie, hulle verander NOOIT nie. Jy wil nie eendag so oud soos ek wees en nog steeds sukkel met dit nie”
Dan het sy haar agtienjarige seun verloor, hy is dood in n motorfietsongeluk en ek weet dit was haar lieflingseun en haar oudste (enigste normale een ook, sou ek sê). Die middel een…wel, ek ken hom nie juis vandat hy ouer is nie, ek weet net iets is nie wel en lekker daar nie. Dan die jongste een wat gay is en nooit die nes verlaat het nie (ook bietjie wanaangepas).
Sy sal nooit ooit kleinkinders of n skoondogter hê nie, dis sad, want sy wou altyd graag n dogter of dan ten minste n skoondogter gehad het.
Sy skryf…fantasties. Sy het n joernaal en stukke en stukke goed wat sy neerskryf. Stories, rympies, gedigte of sommer net gedagtes. Om daar deur te lees is fassinerend. Alles oor haar familie, ons familie en sommer alles en almal. Sy is damn goed met skryf, hoor. Sy vertel en voeg woorde bymekaar dat mens dit nie kan glo nie. Van dit kan mens die hartseer sien deurskemer. maar die meeste is komies vertel.
Sy loop en draf ook baie, en ry fiets…kilometers ver. Sy is fikser as menige jonger mens.
Maar tog dink ek sy is n baie eensame en seer mens. Haar man het haar al so afgesluit van mense en familie (behalwe sy familie blykbaar). Hy was en is nog altyd een van die jaloerste mans wat ek ooit teëgekom het. Sy is altyd buite haarself van opgewondenheid as mens vir haar gaan kuier. Ek sal my suster moet convince dat ons gaan kuier…een van die dae.
Boooo…!!! Junie 29, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.8 comments
Ek hou van ‘Horrors’, nogal weird vir n banggat soos ek om van Horrors te hou, nè. Dat ek nie nagmerries kry van die goed nie is n wonderwerk. Die een wat ek hieronder wys, is een van my favourites, seker ook omdat dit n ware verhaal is.
Wonder of daar werklik mense is wat die duiwel in hulle het? Ek wil bietjie meer oor exorcism en daai tipe ding gaan nalees…
Maar as jy kan en belangstel in die tipe movie, kyk gerus die een.
Erin Bruner (Laura Linney) is a savvy lawyer with the task of defending Father Richard Moore (Tom Wilkinson). Father Moore has been charged with negligent homicide in the death of 19-year-old Emily Rose (a spine-chilling Jennifer Carpenter) after performing an exorcism on her.
“Emily Rose” is actually a sensationalized account of the events surrounding Anneliese Michel, a German college student who struggled for almost a decade before dying during exorcism rituals in the summer of 1976. As a result of her death, Michel’s parents and the priests who performed the exorcism were put on trial for manslaughter.
Most of the film is told inside the courtroom as Bruner spars with prosecutor Ethan Thomas (Campbell Scott). At the center of the battle are the conflicting theories regarding Emily’s untimely death. Was she really possessed by the devil or was she merely a victim of epilepsy and other psychological diseases? While some of the courtroom scenes play out like a glorified episode of “Law & Order,” the format still serves as a logical and effective way to facilitate this spiritual debate.
Throughout the trial, Emily Rose’s story is told largely through sporadic flashbacks, where we see her point of view as her health begins to deteriorate. The flashbacks are nothing if not chilling, and there are plenty of jump-out-of-your-seat moments to satisfy viewers. The real chills, however, come from the uncertainty of what really happened to Emily Rose and the film is smart enough to leave it up for interpretation.
Snobs Junie 27, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.7 comments
Kyk, as daar een ding is wat ek haat, een ding heel bo-aan my lysie van dinge wat ek haat, is dit snobs/snobisme. Hoekom dink party mense hulle is beter as ander? Veral mense met geld…vir wat maak dit jou n beter???? mens ? En ja, ek weet nie almal nie, ek skeer oor die algemeen nie alle mense oor dieselfde kam nie, maar daar is mense wat dink hulle is oor die algemeen bietjie ‘hoër’ as ander, dat hulle beter is. Maar ek praat nou van snobs. Daai mense wat dink as jy nie soos hulle is, soos hulle dink, soos hulle lewe, dan is jy laer as muiskak. En hulle behandel jou ook so.
Meantime…back at the ranch, sit hulle met die grootste stroois in hulle lewens, die skokkendste geraamtes kan uit daai kaste klim, hoor! Maar dit word onder die mat ingevee, want geld maak mos als beter en reg.
Die opregste mense is sekerlik die wat al sakke en sakke sout opgeeët het, die nederige mense, diè wat nie oordeel nie, diè wat besef hulle is ook mense , nie verhewe bo alles en almal nie.Vir my is nederigheid sekerlik diè beste ‘trait’ wat enige iemand ooit kan hê.
Almal het waardes … of so hoop ek!
, sekere dinge wat jy niè sal doen nie, maar omdat ander dit doen, maak nie van hulle slegte mense nie, en nie nodig vir jou om te dink jy is noodwendig beter nie. Ek dink altyd daar is n rede hoekom mense doen wat hulle doen, nou praat ek ook nie van die extreme gevalle nie, die moordenaars, rapists en so aan nie, ek praat van ons gewone sieletjies.
Eintlik weet ek nie presies hoè om te sê wat ek wil sê nie, hopelik is daar darem iemand wat verstaan wat ek probeer sê!
Dis maar hoe deurmekaar my kop kan raak, ek dink myself so in sirkels in. Ek weet net vanaand is ek de donner in vir snobs!
en ek deel mos graag!
My nuwe ryding Junie 27, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.2 comments
Jip, ek was gespoil met my verjaarsdag met n nuwe kar. n Baie lekker kar moet ek sê, ek moet hom nog net ‘myne’ maak. Ek mis my rooi Getz nogal, hy was so deel van my. Ek het hom vir vyf jaar gehad en almal ken my en my rooi tjor. Nou moet ek n wit kar gewoond raak. Nogal n lollery in die mall, was so gewoond om uit te kyk vir n rooi kar. Amper elke kar is mos wit…hoe gaan ek nou my kar kry?
Dit was erg genoeg met die rooie, partykeer soos n afkop hoender gesoek vir my kar en ek kan sien dinge gaan nie goed gaan om vir hierdie witte te soek nie. Ek het gewoonlik as ek ‘vergeet’ het waar ek parkeer het net my alarm gebliep (wat geklink het soos n puppy se kêf) dan het ek hom gekry! Nou is hierdie alarm so sag en stil, g’n puppy wat kêf nie! Ooooo, ek WEET sommer ek sal my kar maar moet ‘merk’
Maybe n lemoen op die aerial…Hahahaha…imagine!
Karre, Karre, Bikes, Bikes Junie 25, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.6 comments
Ek wil so bietjie moun en kla oor flippen motorsport. Ek is gatvol, tot oorlopens toe dik vir motorsport. Soos ek hier sit, hoor ek skreeuende donnerse tyres van die sitkamer se kant af. Dit irriteer my grensloos. As dit nie karre is nie, is dit motorbikes of enige ander ding wat wiele het! Ek sweer die man sal n bleddie driewiel of kruiwa reisies ook kyk as hy kon! Hoekom hou die adamsgeslag so baie van die goed? Okay, party vrouens ook ek veronderstel, maar nie so erg soos mans nie, ek is seker n vrou sal nie die hele tyd net dit op tv kan kyk nie. Wat is nou so exciting aan dit? Ekself gee nie om om te gaan kyk nie…lewendig/live, langs n baan, maar op tv, heeldag, aldag?
As enige iemand my vra of ek dit of dat op tv gesien het, het ek nie n clue waarvan hulle praat nie, want ons tv het net sport chanels! As daar ander is, weet ek nie daarvan nie.
Of so voel dit.
Ek weet die antwoord is seker om n dual decoder of so iets dergliks te kry, maar intussen sit ek al met jarre se karre gejaag agter my. En as ek die dual decoder noem, word daar met groot onskuld gesê dis nie so erg nie. En glo my…DIT IS SO ERG!
Ai, nou het ek lekker gebiets…maar die tyres skreeu nog al die pad in my ore!
n Room vir elke kwaal denkbaar…lol. Junie 24, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.13 comments
Vaderland, mens kry ook deesdae n roompie vir elke kwaal…
Hierdie was in ons drywer se hand gestop in Durban hierdie week. Ek het dit eers opgefrommel om weg te gooi, maar toe lees ek mooi waarvoor die siel alles room aanbied. Ek het lekker gelag en deel graag die juweeltjie met julle.
Please note: Nommer 10/11 en 14… Veral nommer 10…is dit hoekom so baie kriminele buite rondhol?![]()
As alles maar net met n creampie reggemaak kan word, nè!
Tragies Junie 22, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.23 comments
Miskien, net miskien is ek net n baie naiewe mens, want ek glo meestal net aan die goeie dinge in mense.
Maar dan kry ek n e-mail soos hierdie en ek staan verstom…ja, my mond hang oop! Dit is dan so verskriklik wreed en onnodig. Dan onthou ek weer dit kan met enige van ons gebeur. Dis so tragies….
HOEKOM, HOEKOM, HOEKOM?
Last night 09/06/2009 3rd Degree showed how an old white man ( Mr James Brown) was arrested at Shoprite Kriel for taking a chocolate bar without paying for it. The sad side of this case was that the old man had Alzheimers and he was man handled, beaten en sprayed with pepper spray by the police officers who arrested him without any probable cause for their behavior towards him. He did not resist arrest and they were not in danger at any stage. And if he was resisting or if he was violent towards them or the personnel of Shoprite why was he not in handcuffs? This was clearly racist behavior. This old man did not even realize what he was doing and his doctor confirmed that he was healthy; accept for the Alzheimers.
His rights were violated, and because he had nobody to assist him and was not allowed his right to a phone call , he never had the assistance of a family member or attorney. James Brown died after being held at the Kriel Police station for 4 hours!! WHY? And why was their a huge gaping wound on the back of his head? If you look at the footage on the CCTV, there were no visible wounds on his body whatsoever while still at Shoprite. What happened in that police station?? Brutal and unacceptable..
And now they play the ignorance game, someone HAS to address these acts of violence!! This is not the only case where Police officers have neglected and/or attacked people they arrest and its time to STOP.
Nog n weird droom Junie 20, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.10 comments
Nog een van my duidelike drome, elke detail is in my kop gegrafeer, wens ek kon die hele prentjie teken (hopeloos te lui daarvoor), een van daai drome wat ek glo het ‘iets’ in vir my, n boodskap.
————————————————–
Ek het gedroom hoog op is daar n hoë, dik muur en bo-oor die muur is daar n moewiese massa water wat wil oor. En vorentoe (ondertoe) is duisende mense. n Paar bou ‘obsticles’, hoë goed, gebou met enige iets, net om die water te keer en die mense kans te gee om weg te kom voor die water oor daardie ‘obsticles kom. Daar was so vyf van hulle gebou so paar honderd meters uitmekaar…..vorentoe.
Elk geval, ek is voor die 1ste obsticle en dit lyk HOOG en die water wil-wil so oor die dik muur hoog op kom om ons hier onder te ‘flood’. Als is bietjie deurmekaar en die mense panic. Ek is oor die 1ste een, 2de een, op my pad kry ek twee honde, sopnat en vreeslik getraumatise. Ek tel hulle op, een onder my arm , die ander een dra ek, het kamera in my ander hand gehad. Ek is eventueel maklik oor al die ‘obsticles, maar toe ek die laaste een oor is besef ek ek het die honde iewers verloor. Ek is toe terug om hulle te gaan haal. Nog steeds is daar duisende mense wat panic en probeer oor kom. Ek kry die honde en moet weer terug oor alles en almal, maar weereens was dit maklik. Die laaste ‘obsticle was bietjie moeiliker en ek moes bietjie klouter om bo-oor te kom. Maar toe ek oor die laaste een is, is daar n nou paadjie tussen bosse en ek weet net…dis waarheen ek wil en moet…gevoel of dit veilig is. Saam op die paadjie is my Ma en Pa, Ian, van my familie. So op die pad aan die regterkant is daar n poeletjie/dammetjie en binne die dammetjie staan Larry(my seun) so halflyf, maar ek WEET net dis ok, hy’s veilig en ok, het ook die gevoel gehad dat hy darem nie naby daai massas was nie, hy’s veilig naby my. Ek kyk terug en sien Marcelle en Warren in hulle trouklere hoog op naby daai dik muur met die massa water. Maar ek voel ook ok daarmee en WEET ook hulle sal dit maak, het amper gelyk of hulle sweef om bo-oor die ‘obsticles’ te kom, asof hulle dit easy-peasy gaan doen.
Intussen sypel daai massas water oor die dik muur en begin die ‘obsticles oorstroom, maar ek was elke keer ver voor en het maklik oor die ‘obsticles’ gekom.
————————————————–
Nou ja, ek kan dit self probeer intrepeteer:
Kan my lewenspad wees. Die water kan die gevare/challenges van die lewe wees waarmee duisende mense ’struggle’, die ‘obsticles kan die kwessies wees wat ek moes face, maar het relatief maklik oor dit gekom en aangegaan na veiligheid. Die teruggaan kan dalk my tweede kans wees wat my tweede huwelik mag beteken. Die nou paadjie na veiligheid saam familie kan my lewe nou wees. My kinders…Kan wees dat ek voel ek hoef nie oor hulle te worry nie, hulle is reg en ok en sal alles face in hulle lewe, ook redelik maklik en veilig. Marcelle wat nog doer bo was in haar trourok kan beteken sy begin nou haar nuwe lewe en haar paadjie lê nog voor, sy sal maklik oor haar eie ‘obsticles’ ook kom, vandaar die sweef oor alles? Met Larry wat nog nie daar was nie, kan wees omdat hy nog nie getroud is nie en nog by ons bly (veilig by sy ma) ?
Die boodskap: Ek moenie stress nie, als gaan reg en ok wees. Die nou paadjie? (Die straight en narrow)
Dating game vir oor 40’s…Update Junie 19, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.add a comment
Onthou die post wat ek n ruk terug gehad het oor die dating game vir vrouens oor 40? Met my suster se manewales met die gedatery? Nou ja, sy het hierdie wildsboer van Namibië ontmoet en dis nou haar latest verslag van die boer aan my. Ek kon nie help om te lag nie, veral die snor storie en net gedog ek moet dit deel nes sy dit vir my vertel het in haar e-mail aan my, ek glo nie sy sal omgee nie…hier’s dit:
———————————————————————————————-
“Die boer was toe in die Kaap…M (dis haar seun) sê die boer is baie vriendelik en probeer baie hard om orals met alles saam te gesels. C (haar dogter) sê die boer het haar te lank gedruk toe hy hallo gesê het en sy ken hom nie eers nie. C se vriend sê die boer is FISHy. Die boer is baie haastig hy wil sommer Junie verloof raak en Des trou en hy is eers in Maart die jaar geskei. Ek, C en boer was in Simonstad, Boldersbeach- waar pikkewyne boer en rondstap en kaappunt toe- het probleme met bobbejane gehad..vir hom was niks snaaks nie..is maar droee drollerig.
Hy kan mos net oor sy plaas en sy wild praat en dan wil hy hê ek moet opgewonde daaroor raak- ek wat n stadsjapie is.
Maar ek is maar grillerig vir die man met n snor- sy asem en snor stink en weet nie wat nog alles kan stink nie….boer fokken baie outyds met outydse gewoontes en praat ook soos vanmelewe se taal. Genoeg van hom vir eers.”
Sommer trou ook nogal? Uh-uh, nie met my sussie nie! Hy’t high hopes.
Veral omdat hy met wild boer en dis n jagplaas, dit laat my al klaar wonder oor hom.
|
Inner Peace Junie 17, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.23 comments
Yip, dis weer sulke tyd! My brein wil niks kreatiefs doen of dink nie, nou moet ek maar weer spoeg en plak…Dankie Vader vir al my oulike e-mails waarvan ek kan kus en keur!
Ek haat dit as ek nie aan iets kan dink om oor te blog nie. Intussen lees ek maar oral en dink oor al die mense in die ‘virtual’ wêreld.
INNER PEACE
If you can start the day without caffeine, (Nie likely vir my nie)
If you can get going without pep pills, (Kan dit darem ‘manage)
If you can always be cheerful, ignoring aches and pains, (Ek wens ek kan altyd ‘cheerful’ wees, Hoe kry party mense dit reg, vra ek met trane in my oë)
If you can resist complaining and boring people with your troubles, (Ek try…ek try)
If you can eat the same food every day and be grateful for it,
If you can understand when your loved ones are too busy to give you any time, (Niemand mag te besig wees vir my nie….gmf!!!)
If you can take criticism and blame without resentment, (Nie baie maklik nie)
If you can resist treating a rich friend better than a poor friend,(No way…ever word n ryke beter behandel as n minder ryke of arme deur my nie, eerder die teendeel is waar by my)
If you can conquer tension without medical help, (Hoekom?)
If you can relax without liquor,
If you can sleep without the aid of drugs,
~~~ Then, You are Probably the Family Dog! ~~~
G’n wonder die gesegde: “It’s a dog’s life” Ek’s nou amper jaloers op my honde!


















