jump to navigation

Snobs Junie 27, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
trackback

snobs

Kyk, as daar een ding is wat ek haat, een ding heel bo-aan my lysie van dinge wat ek haat, is dit snobs/snobisme. Hoekom dink party mense hulle is beter as ander? Veral mense met geld…vir wat maak dit jou n beter???? mens ? En ja, ek weet nie almal nie, ek skeer oor die algemeen nie alle mense oor dieselfde kam nie, maar daar is  mense wat dink hulle is oor die algemeen bietjie ‘hoër’ as ander, dat hulle beter is. Maar ek praat nou van snobs. Daai mense wat dink as jy nie soos hulle is, soos hulle dink, soos hulle lewe, dan is jy laer as muiskak. En hulle behandel jou ook so.

Meantime…back at the ranch, sit hulle met die grootste stroois in hulle lewens, die skokkendste geraamtes kan uit daai kaste klim, hoor!  Maar dit word onder die mat ingevee, want geld maak mos als beter en reg.

Die opregste mense is sekerlik die wat al sakke en sakke sout opgeeët het, die nederige mense, diè wat nie oordeel nie, diè wat besef hulle is ook mense , nie verhewe bo alles en almal nie.Vir my is nederigheid sekerlik diè beste ‘trait’ wat enige iemand ooit kan hê.

Almal het waardes … of so hoop ek! :lol: , sekere dinge wat jy niè sal doen nie, maar omdat ander dit doen, maak nie van hulle slegte mense nie, en nie nodig vir jou om te dink jy is noodwendig beter nie. Ek dink altyd daar is n rede hoekom mense doen wat hulle doen, nou praat ek ook nie van die extreme gevalle nie, die moordenaars, rapists en so aan nie, ek praat van ons gewone sieletjies.

Eintlik weet ek nie presies hoè om te sê wat ek wil sê nie, hopelik is daar darem iemand wat verstaan wat ek probeer sê! :lol: Dis maar hoe deurmekaar my kop kan raak, ek dink myself so in sirkels in. Ek weet net vanaand is ek de donner in vir snobs! :lol: en ek deel mos graag! :lol:

aha

Comments»

1. Girl van die Suburbs - Junie 28, 2009

Die ironie is hulle weet nie aldag hulle word gelable as ‘n snob nie. Salig onbewus van hierdie klein ou tekortkominkie!

Tweelingkind - Junie 29, 2009

Is, hulle dink hulle is te oulik.

2. demoerin - Julie 2, 2009

Amen.

Tweelingkind - Julie 2, 2009

Demoerin, is hulle nie n moerse pyn in die gat nie, hè!

3. Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld - Julie 3, 2009

[...] mark. Well done! Ek sal maar hier stop vandag…. en nie eers begin oor die related topic…snobs [...]

4. Emil - Julie 3, 2009

Mens sien hulle uit die gate kruip wanneer daar veral wyn geproe word. Meestal pinkie in die lug en ‘n pruil mondjie. En ken eintlik nie die verskil tussen Tassenberg and Chateau Libertas nie!

Tweelingkind - Julie 4, 2009

:lol: Defnitief wanneer daar wyn geproe word! En ek sien ook hordes van hulle hier by ons local shopping mall, veral by die haarsalonne, hoor, dis nou waar hulle die ‘bleachery’ doen om soos al die ander snobs te lyk! :lol: