Nog n droom…Marcelle s’n Julie 4, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.5 comments
Hierdie is Marcelle se droom van gisteraand. Let wel dat sy al van babas in die familie gedroom het wat nog nie gebore was nie, dan lyk die babas baie presies soos sy gedroom het:
Marcelle aan die woord:
Ek het in n wit kombi/taxi gesit -alleen. Toe kom sit daardie meisie Maddie wat ‘missing’ is langs my en sy sê vir my dat sy reeds dood is. Die ontvoerders het haar met toue vas gemaak en in die see gegooi en dat almal moet ophou soek vir haar. Maar dat daar ander kinders is wat opgespoor moet word wat die mense aanhou.
Toe gaan n dag of so verby ek is nie seker nie. Ek was in my kar saam met my ma en Ian (stiefpa) hy wou na n sekere winkel of so iets gaan. Hy sê toe vir my waar om te parkeer en ek se NEE ek wil oorkant die straat parkeer want daar was n Spesiale Stationery winkel op die hoek waarntoe ek wou gaan. Ian help my toe om in die parkeer plek in te kom en bly sê ek moet meer en meer reverse – Let op toe is daar n wit taxi/kombi agter my geparkeer en ek reverse toe in hom vas. Toe kom die eienaar van die kar uit gehol van oorkant die straat en vloek ons weg hy spring toe in sy kar en jaag weg. Toe hardloop almal agter hom aan om hom te keer want daar was twee of so kinders in sy kar. Wat ek spesifiek onthou is my ma het in die taxi gespring en toe n klein meisie wat ek nie ken nie. Ons het toe aanhou soek omdat my ma in die taxi was. Ek spoor hulle toe op in n strandhuis waar hy gebly het en hy het omtrent drie van sy eie kinders daar gehad en n paar wat hy ontvoer het. Sy regte kinders het die ander soos kak behandel en dit wat ek gesien het was nogal erg. Toe kom daar n vrou ek dink dit was die man se vrou of girlfriend ek onthou spesifiek haar hare – kort en potblou. Sy maak toe die oudste meisie – ontvoerde een een oggend wakker en sê sy gaan haar help. Sy moet nou dadelik wakker word en nie raas nie., toe sê sy die vrou moet haar na Kommetjie – ek dink dis in die Kaap (was nog nooit in my lewe daar nie) vat want haar regte familie bly daar. . . toe word ek wakker. . wat kan die beteken. . . let op wanneer ek wakker word van baie van my drome voel ek deurmekaar en senuweeagtig asof dit real is. . of was..
Weird….
Brutus Julie 4, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.6 comments
|


