jump to navigation

Volmaantyd Julie 6, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
trackback

maan12

Dis alweer volmaan…nie een van my beste tye nie, al is die maan hoe pragtig, werk dit net nie lekker met my brainwaves nie. Ek voel sommer alweer omge-ellie vir geen rede op aarde nie.

Ek het bietjie gaan rondkrap  op die Net oor die volmaan, maar uiteindelik het net die prentjies my ge-interesseer. Mens kry darem maar die mooiste fotos van die volmaan, hoor!

Hier is tot n ’sideboard’ wat die maan voorstel en is dit nie uitsonderlik nie. Ek sal nie omgee om so een te hê nie.

maansideboard

Dan kry mens ook volmaan parties. Nogal n oulike idee. Dit mag dalk net vir my werk om my mislike tye gedurende volmaan te oorleef!:

maanparty

Ook hierdie vuurmaakplek, weet nie eintlik wat om dit te noem nie, maar dis heel oulik. :lol:

maan4

Dan is daar hierdie stuk oor hierdie besondere gebou/hotel. Ek is mal oor argitektuur:

FULL MOON RISING and CRESCENT TOWER - APPROVED Heerim Architects has attempted to reinvent the skyscraper beyond the traditional with two lunar inspired projects in the Republic of Azerbaijan. The Korean firm has dreamed up Full Moon Bay and Caspian Plus that includes Crescent Place on neighbouring peninsulas in the Azerbaijani capital of Baku that look on to the Caspian Sea – the two projects on opposite extremes of the same bay acting as gateway markers. Hotel Full Moon is essentially a disc with rounded edges and a hole in one of the top corners that appears radically different to the view depending on the angle it is seen from. The frontage thanks to the bulging centre makes it appear more like a glass death star whilst the side profile is more than a little gherkinesque. Changing appearance depending on the view is reinforced by the cladding treatment the architect has selected. The front will have a glass diagrid whilst the back will be covered with hexagonal honeycombs. This main building will be a 35 storey luxury hotel with 104,182 square metres of space for only 382 rooms, a relatively small amount of rooms given the sheer size of the internal space on offer. It will reach a maximum height of 158.68 metres. The hotel is linked via a zoomorphically shaped podium that snakes curvaceously around the boundaries of the site to two residential apartment blocks entitled Palace of Wind 1 and 2. Acting as the counterpoint to Hotel Full Moon is Hotel Crescent, part of the Caspian Plus redevelopment that stands as a curving arch similar to a crescent moon. The arch-like nature of the building is revealed by the fact that the structure isn’t a pure crescent on its inside relying on more regularly shaped columns to help provide it with support. At 32 floors tall it will also be a luxury hotel, this time with 221 rooms. There will also be 128 serviced apartments in the building. Floor space will 128,140 square metres. Behind it will stand a further four tall buildings, three of which will be residential with the tallest of the quartet being a 43 floor office building standing 203 metres tall. Heerim Architects have not long been established in Azerbaijan. They only opened their office in the country in July 2007 and yet have already secured these two major projects that face transforming the capital of one of the world’s fastest growing economies. CRESCENT TOWER

maangebou2

Lekker volmaantyd vir almal wat met die maan gepla is! En die wat nie is nie…wel, lekker volmaantyd vir julle ook!

Comments»

1. Alta - Julie 6, 2009

Cleo, weet jy hoe weet ek dis volmaan?
Wanneer ek so beneuk soos 10 is. :lol: Vra maar vir hubby.

Tweelingkind - Julie 7, 2009

Selle hier raak geirriteerd vir als en almal.

2. boendoe - Julie 7, 2009

Jippie! Ek word nie meer afgegooi nie! Dalk te doen met die nuwe theme? :wink:

Ek like daai ‘vuurmaakplek-ding’ baie!!

En stop die beneukgeit, julle twee! :lol:

Tweelingkind - Julie 9, 2009

:lol: Jimmel ek is bly jy word nie afgegooi nie, baie ander was ook so afgegooi. Ek is nie mal oor die nuwe theme nie, maar as dit help is dit A1.

3. Girl van die Suburbs - Julie 7, 2009

Ek dink ek verstaan nou… “sy is met die maan gepla” Dit het geen effek op my nie… wel nou weet ek nie want ek kyk nooit nie. Ag genee Tweeling… nou gaan ek paraoid wees tot ek nou op die kalender gaan kyk vir die volgende volmaan om te kyk ;)

Tweelingkind - Julie 8, 2009
4. Smurf - Julie 8, 2009

Cleo,

Ek is beslis met die maan gepla! kyk net watter tyd kom loer ek hier in :lol: maar ek het eers gou Marcelle se droom probeer ontsyfer ;)

Amper al oggend lekker dag vir jou!! en almal wat met die maan gepla is :lol:

Tweelingkind - Julie 8, 2009

:lol: Geez, wat maak jy wakker daai tyd van die oggend?
Ekself ly aan slaaploospheid wanneer dit volmaan is…genuine. Ek was gisteraand so bleddie moeg, maar kon net nie slaap nie, my kop het oortyd gewerk, gedink aan allerhande kak. En seker weer so drie keer wakker geword deur die res van die nag. Vandag voel ek so muf.
Jy is darem maar tops met die drome, hoor!

5. demoerin - Julie 9, 2009

Die volmaan hou al vir eeue ‘n sekere misterie in. Vir my…. net ongelooflike mooi verskynsel.

6. Tweelingkind - Julie 9, 2009

Is so, Demoerin…Baie mooi, maar vir een of ander rede nie goed vir my breingolwe nie. :lol:

7. Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld - Julie 10, 2009

[...] papier as gesprek neer te lê…. maar miskien het hierdie gedagtes ook maar net iets met die volmaan te [...]

8. Emil - Julie 10, 2009

Nee wat, ek is dan gelukkig. My vrou raak amoreus met volmaan. Dis die donkermaan wat nag is :lol:

Tweelingkind - Julie 10, 2009

Lucky fish…jy! :lol:
Maar sien, ek sê mos ons is almal met die maan gepla…volmaan, donkermaan, sekelmaan…

9. Haasdas - Julie 14, 2009

mooiste ding wat ek al gesien het, die volmaan wat goudgeel oor die Vaaldam hang!!

Tweelingkind - Julie 14, 2009

Volmaan lyk altyd so mooi, jy moet hom hier oor die see sien!