Puppy sadness Julie 9, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.8 comments
Vanoggend het ek hierdie post gedoen en net voor ek dit wou publish kry ek n oproep om te sê sy is dood…het n fit gehad.
Gister bel S my om te sê sy het die ou dingetjie langs die pad opgetel. Die hondjie wou oor die besige pad en het al klaar gesukkel om te loop, want sy was al klaar deur n kar of iets raakgery. S het gestop en haar opgelaai en veearts toe gevat. S vra my om vanoggend fotos van haar te kom neem sodat ons vir haar n huis kan probeer kry. By die veearts gekom het my hart uitgegaan na die ou piepklein, maer uitgeteerde hondjie. Na alles was sy liefdevol en die ou stertjie het gewaai laat dit bars. Sy het gecuddle op S se skoot en aan die slaap geraak, so het hulle gewag vir die SPCA om haar te kom haal. Ek is werk toe en aan die post begin werk, toe kry ek S se oproep om te sê ek moenie bodder nie, sy’s weg hondehemel toe. Nodeloos om te sê, my hart was en is nog baie seer vir die ou dingetjie wat nie n kat se kans gestaan het in die lewe nie.Ek het n traan gestort vir n hondjie wat ek seker so tien minute geken het.
Een troos is dat sy in haar laaste oomblikke darem bietjie liefde en kossies gekry het.
Hier is my oorspronklike post van vanoggend nog…
Puppy looking for a home
Was found trying t0 cross Freeway near Empangeni, was already hit by a car or something. Looking for good loving home…PLEASE!!!! I will even take it to Gauteng. She’s plus minus 3-4 months old, sooooo skinny weeny, but very cute and loves people. That is why I love dogs, after what she’s been through, she can still trust and love humans. Amazing!
Asb, as enige iemand kan help! My hart is baie seer oor hierdie klein ou dingetjie, sy lyk nes n Bambi. Ek sal haar tot Gauteng toe vat as iemand belangstel.



