Verlange Julie 11, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.10 comments
Ek haal sowaar my hoed af vir julle mense wat oorsee na n veiliger hawe gaan soek het. Ek dink nie dit sit in elkeen se broek nie, well, beslis nie in my broek nie. Die enigste rede vir my is is dat ek gans en al te familievas is. Veral die wat kinders agtergelaat het in SA, dit moet die verlange ondraaglik maak. Ek sal dalk…n groot dalk oorweeg as altwee kinders saamkom, maar alleeen?…nooit nie!
Ek sit dan 100km van Marcelle af en verlang my dood om haar nader te hê. My ouers is in Alberton, ook my broers, ek verlang na hulle, wens net ek kan net vinnig vinnig gaan kuier, maar dis nie moontlik nie. Een broer en skoonsuster in Montagu, een suster in Kaap. Voor ons hiernatoe getrek het, het ek elke liewe oggend of middag by my ma-hulle gestop, ek was baie ma-vas, hoor! Het ook so gereeld soos daglig res van broers en susters gesien, nou sit ons so verspreid oor die land. Ons het kort-kort family gatherings gehou, ek mis dit. Dan is almal daar, kinders, kleinkinders, agter kleinkinders. Een groot malhuis.
Dit was nie maklik vir my die eerste paar jaar hier nie. Op n manier is dit n goeie ding, want ek het meer onafhanklik van hulle geword, nie so mammie en pappie se doggertjie nie…
Dit is wel baie lekkerder om hier te bly as Jhb, en ek sal nooit weer teruggaan nie, behalwe noodgedwonge…never say never, nè. Maar jissie, die verlange raak partykeer te erg.
So, ek haal vandag my hoed af vir julle wat doer ver bly en verlang, nie net na die bekendheid van als in SA nie, maar na julle mense.
STERKTE is eintlik al wat ek julle kan toewens.


