Toe ons nog kinder was-die goedkoop ou dae Julie 12, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.17 comments
Hierdie is blykbaar die pryse van 1978…ongelooflik! Waar het 31jaar heen gegaan? Die meeste van ons was nog kinders of tieners en van ons was nog net n twinkle in Ma en Pa se oge!
Hoe oud was jy in 1978? Kan jy sulke pryse goed onthou of van ander artikels? Ekself kan nie juis pryse onthou nie. Weet net my eerste salaris was so min, maar seker reg vir daai jare. Dink dit was iets soos R278 per maand. By SA Perm begin werk, jissie dis toeka se tyd!
Karre se pryse! Vandag kos party mense se petrol vir n maand hierdie karre se pryse!





