Vakansie word dringend benodig Julie 15, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.5 comments
MALDIVES…ANYTIME!!!
Ek is soooo lus vir n lekker vakansie. Ek glo ook ek en Ian het een broodnodig. Maar op die oomblik is daar nie so iets in die vooruisig nie. Dis werk, huis bou, werk, huis bou, al gaan laasgenoemde baie stadig agv finansies kom dit stadig aan aan. Die banke weier om ons n boulening te gee, want Ian verdien te min volgens hulle. Nou vra ek met trane in my oë, as jy jou eie besigheid het en jy betaal jouself die minimum, maar kan wel meer uit die besigheid trek as jy moet, hoekom verstaan hulle dit nie veral as jy al die nodige bewyse en goed al vir hulle gegee het en n brief van die Accountant? En die ou het uitgekom om die huis te waardeur soos hy nou daar is…en dit vir 2.5 miljoen gewaardeur, maar die bliksems kan ons nie R300 000-00 gee om dit klaar te maak nie? Dan gaan hy nog meer werd wees. Ek verstaan dit genuine nie, wetie hoe hulle se koppe werk nie.
Anyway, nou bou ons kontant wat seker maar op die ou einde beter is en sal wees, maar dit vat baaaaie langer! Nou kan ek nie vakansie nie want al die geld gaan vir die huis.
Nou hou ek maar in my verbeelding lekker vakansie. Hierdie is waarheen ek graag sal wil gaan. Ek kan myself op daai eiland sien met laaaaang cocktails. Sien julle my op die deck…kyk mooi, met n cocktail in die hand? Sien hoe lê ek daar op die strand en ’soak up the sun’?
En check net daai lekker party op die strand, sien hoe lekker jol ons daar!
O well…back to reality, nè. Mens mag maar droom…




