jump to navigation

Sielsgenote Julie 17, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
22 comments

soulmate1

funny 102023

Eintlik wil ek net verskillende opinies hier hoor.Ek hoor so baie mense sê hulle het hulle sielsgenoot gevind, of in hulle ander helfte, of n vriend/vriendin en so aan. Ek weet eerlikwaar nie of ek so iets het nie…m.a.w…EK WIL OOK EEN Hê!!! Miskien is my een suster en my dogter myne, maar ek weet nie verseker nie. Jimmel, kan ek so dom wees? En Hoekom dink mense altyd as jy van n sielsgenoot praat, moet dit romanties wees? Sekerlik kan almal tog nie met hulle mans of vrouens soulmates wees nie? Mens kan nog lief wees vir jou man of vrou sonder dat julle juis soulmates is.

Wat is n soulmate vir jou?

Kry mens meer as een in jou lewe dieselfde tyd?

Het jy n soulmate? Dis nie noodwendig jou ander helfte nie. Baie min mense is so gelukkig om met hulle soulmate te kan trou.

Mis mens ‘iets’ as jy nie n soulmate in jou lewe het nie?

Hoe WEET jy wie is jou soulmate en wie nie?

En wat maak iemand juis n soulmate van iemand?

Sjoe, so baie vrae wat ek alweer in my kop het…en so baie gewonderery. Maar ek sal genuine julle opinies wil hoor omtrent hierdie onderwerp.