My ougoed…kleintydgoed Julie 24, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.13 comments
Ek het nou die dag bietjie goed uitgegooi en reggepak en so aan. Krap so waaragtag hierdie stokou tas van my uit!~
Ek was in St 1, kyk hoe afgeskilfer is die ding, ek het altyd die velletjies so afgetrek. Darem vreeslike lelike skooltas van toeka en eintlik movies groot vir so n klein kind.
Dan my teddiebeer, hy is 42jaar oud! So nou weet ek ek het darem speelgoed gehad toe ek klein was. My ma het n foto van my waar ek met hierdie einste teddiebeer onder die arm staan toe ek 3 was. Shame, al sy fluff is al weg. Ek het nog iewers my sussie se apie, ook so wollerige ding, iewers, sy gevreetjie is al oorgedoen. Die apie is bruin en my ma het vir hom so rooi gesig oorgebrei. Maar ek kon hom nie nou kry nie. Dan het ek nog my een boetie se beer ook iewers, dis so n harde rubber teddiebeer. Ek sal maar moet soek vir daai treasures.
Ek wens ek het meer van my goed van kleintyd oorgehou.



