jump to navigation

Moeg…moeg…wil net bietjie wegbreek Julie 31, 2009

Posted by tweelingkind in Uncategorized.
28 comments

images

Ek voel nou al lank om net bietjie weg te breek, weg van allesaagse roetine, weg van stress met die huisbou, weg van stress met die besigheid wat nou maar stadig en stil is, weg van die donners wat nie wil of kan betaal nie. Net vir n paar dae sal goed genoeg wees. Hierdie was weer n besige week (soos amper elke bleddie week) vir ons op die social front, ek is tot moeg daarvoor, moeg om te MOET gesels met mense waarvoor ek nie rêrig lus is nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, hulle is almal vriende en genuine nice mense, maar ek is mos maar net iemand wat n ding wil doen wanneer en as ek WIL, nie wanneer ek MOET nie. Hierdie was net dinge waaruit ons nie kon kom nie, wat ons MOES bywoon. En nou is ek behoorlik gatvol gekuier en dit hou nie op nie, vanaand is iemand se verjaarsdag, môre is gaan ons rugby toe.

MAAR…en hier kom die lekker deel! Ian het gisteraand gesê ons kan volgende week bietjie Plettenbergbaai toe gaan vir so n week!  Die beste deel is dis sonder sy Ma en Pa (hulle bly mos daar). Sy Ma gaan Londen toe na sy een broer . Sy Pa gaan Kanada toe na sy ander broer…en ons kan ALLEEN in hulle huis gaan bly! Nou hoop ek net hy bly by dit, en change nie sy mind nie. En hierdie keer gaan ek nie worry oor die honde en dinge by die huis nie…ek weier…what will be, will be!

images.jpg1

Dan wil ons nog n girls naweek iewers op die Suidkus beplan, weet net nog nie waar nie, en die pennies is maar min! As enige iemand weet van n lekker plek wat redelik is, laat weet my seblief.

Voel almal so moeg? Voel almal gatvol? Voel almal die druk van die ‘resessie’? Die meeste mense met wie ek deesdae te doen kry,  lyk my, voel so…alles is so ‘doom’ en ‘gloom’.  Dis maar moeilik om heeltyd vrolik en positief te bly, al probeer ek my gat af.

Hoe voel jy nou…op hierdie tydstip van jou lewe? Ek wil my kop so bietjie leeg kry. Hier’s hopeloos te veel woelinge in my kop op die oomblik.

Empty Your Head - Gemini Full Moon