Sak en pak…uiteindelik Oktober 27, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.11 comments
Nou ja, die tyd het aangebreek om te pak en trek. Ek is baie besig die laaste tyd om te sort en te pak. Ons hol nog rond vir die laaste detail goed aan die huis, maar dit lyk of als reg sal wees vir intrek diè naweek…uiteindelik! Kan nie meer wag om ons eerste aand daar te slaap nie. Die honde het sommer ook n beter en groter yard. Behalwe vir ons township specialkie wat so oor mure spring sien ek goeie tye vir die honde ook. Maya, die een wat spring en die strate invaar, gaan n probleem daar wees want daar is nie baie vriendelike honde daar rond nie. Sy spring mos oor ander mense se mure ook en dink sy kan daar gaan kuier…eintlik n groot worry daai ! Ons weet nie juis wat om aan die situasie te doen nie…het al ALS probeer, ook die collar wat shock, maar dit het haar nie gekeer om soos n slet die strate in te vaar nie
!
Dan het iets vandag gebeur wat my bietjie ontstel het…jaaaa, dit help nie om oor wildvreemde mense se situasies ontsteld te raak nie, maar mens kan mos nie help nie. Ek was by Lifestyle shopping centre toe n outjie van so 15 my vra vir kos. Hy sê hy en sy broer (wat so skaam en stil stil n ent van hom gestaan het…hy was seker so 17)het ge-hitchhike van Richardsbaai na Port Shepstone (dis moer ver, hoor), en is nou weer oppad terug Richardsbaai toe en hulle is platsak en dood van die honger. Vra ek hom toe nou hoekom het hulle so iets gedoen. Sy antwoord was dat hulle na hulle sussie gaan soek het, maar kon haar nie kry nie. Ek vra toe nou hoekom het hulle na die sussie gaan soek so ver. Blykbaar het sy weggeloop van die huis af want sy het uitgevind sy is swanger. Vir my was dit ontstellend dat twee kinders na hulle sussie op so n manier moet gaan soek. Hulle het heel ordentlik gelyk, na stil, skaam seuns, maar desperaat. Toe ek wegloop kon ek nie help om so in die loop vir die twee n gebedjie op te stuur nie. Waar slaap die twee as hulle nie n lift kry nie?
“Mag die Here hulle hande vashou en veilig terug huistoe bring, en mag die Here die familie help, wat ookal die hele situasie mag wees.”
Elke huis het sy kruis Oktober 20, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.13 comments
Ons het Saterdag so deur die potjie makery gesels. Met al ons mense se gekla en bitch oor hoe mislik en… en… en… ons eie lewens is, het ek agtergekom elke huis het maar sy kruis, party dra net swaarder as ander aan hulle kruise. As ek so na almal se stories en dinge luister, is ek genuine seriously innig dankbaar vir my lewe en almal in my lewe. Al lyk ander se lewens so perfek, glo my, dit is nie, daar skuil tragedie, sadness of geraamtes in elkeen se lewe.
Ek het NIKS om oor te kla nie(maar mag ook maar sekerlik nou en dan fed-up raak
), regtig, daar word vir my gesorg…elke dag, elke oomblik. Nes ek dink daar is nie liggie aan die einde van die tonnel nie of ek raak erg gestress, gee die Here vir my uitkoms en antwoorde. As dit nie die uitkoms of antwoorde is wat ek van hou nie, berus ek maar want ek weet daar is n doel met alles. Wat weet ek nou? Die Here weet wat is die beste vir my, al dink ek anders.
Ek het al lanklal ontslae geraak van mense wat nie vir my en my gemoed goed is nie, en ek raak ook nie meer deurmekaar met sulke mense nie. As ek agterkom mense is negatief vir my, ignoreer ek hulle totaal en weldra kry hulle die boodskap.
Daar’s hy…vandag voel ek weer positief!
Hoop dit hou en iemand iewers bars nie my bubble nie!
Stressvol maar goeie tye Oktober 18, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.11 comments
Jissie, ek was omtrent uit sirkulasie die laaste paar dae. Ek voel soos n vreemdeling op my eie blog!
Maar goeie bliksem, ek was besig en dit was stressvol. Want julle moet weet, ek lei eintlik n heleste rustige lewe die kant van die aarde, nie gewoond aan die druk van dinge MOET doen nie! Maar met die huisbouery wat nou einde se kant toe staan het dit bedrywig gegaan. En ek het nog nie eers begin pak nie. Daar is so baie goed wat ek wil en gaan en moet uitgooi. Vriendinne hier het gesê as ek klere uitgooi moet ek n ope dag hou vir hulle
want ek het so baie flippen klere wat ek nie dra nie (party nog nuut) wat kom uit my ’shopoholic’ dae (gelukkig is ek nou so op n manier oor dit, net my ‘af’ dae gaan ek bietjie bos
) n Foto of twee van die huis binne sover:
Intussen moes en moet ek nog vir Marcelle-hulle blyplek hier rond soek. En dis nie so n maklike taak as wat ek gedink het nie. Die kinders is heel vol kak ook nogal, die plekke is ongoddelik duur vir stront en dan as mens in n kompleks plek kry, word honde nie toegelaat nie. So, op die oomblik is ek en hulle al heel desperaat want hulle moet oor 2 weke die kant toe trek.
Maar ek kla nie, hoor, dit gaan so exciting wees in ons nuwe huis en met Marcelle hier naby ons! Dis al die stress werd!
Gister het ons n potjiekos kompetisie gehad by ons ‘local’ kuierplek. Ek het sowaar 3de gekom met my oxtail potjie! Let wel, ek het nog nooit ooit n potjie aanmekaar geslaan nie! Heel trots op myselwers!
Hier’s n foudie van my poging en ag sommer n paar van ons kuiery:
Bouncer of Splatter? Oktober 9, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.18 comments
Lees nou die dag hierdie ’status’ van my broer se seun op FB:
I have learnt that you get 2 types of people in the world: bouncers, when they hit rock botom they pull together again and bounce right back up, and then the splatters: when they hit rock botom they will splat and fall apart. In the end it is attitude that makes us.
Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer dink ek dit is sooooo waar. Ek ken baie Bouncers en ek ken ook heelwat Splatters. Party mense bounce elke keer maar weer terug, maak nie saak watse en hoeveel houe die lewe uitdeel nie. Ander val weer uitmekaar sodra hulle die eerste hou kry.
Hoe meer ek van die kind (hy’s 18jaar) se status goeters lees, hoe meer sien ek dat hy wel n bouncer is, ek is so bly daarvoor, hoop net hy bly n bouncer. Die lewe het hom al n paar klappe uitgedeel, het begin met sy sussie se dood 13jaar gelede, sy was 2jaar oud en hy was 5. Hy het haar uit die kot gaan haal om mee te speel, het sy ma gevra of hy mag. Sy was besig om boeke te merk en het nie veel aandag verder geskenk nie, het gedink hulle speel in die kamer. Maar hulle was Jacuzzi kamer toe en sy het in die amper leë Jacuzzi geval en verdrink. Laaaaang storie agterna, maar sy was in n semi-koma vir n jaar daarna en was helemal verstandelik aangetas. Op n dag het haar hartjie net ingegee en besluit tot hier toe en niks verder nie. Daarna het ons nie veel kontak meer met broer en skoonsuster gehad nie, al het hulle baie naby ons almal gebly, hulle het hulle self heeltemal van die familie onttrek (nou nog), en die kind het baie alleen groot geword (heel anti-sosiaal) . Sy Ma en Pa het van die ‘rails’ afgedonner. Dit kon nie lekker en maklik vir hom in sy vormingsjare gewees het nie. Hulle het hom seker op hulle manier aandag gegee, sal nie als weet wat in die huishouding aangegaan het nie, maar ek weet hy was n eensame kind en heeltemal te veel in net hulle geselskap.
Toe hy laas Desember vir die eerste maal in sy lewe vir ons kom kuier het, het ek eers gesien hoe erg anti-sosiaal hy eintlik is. Hy het telke male gesê hy kan nie glo hoe anders ons lewe is nie, ons doen dinge saam, waar hy altyd alles alleen moet doen. Hy het ook gesê dat dinge gaan in daai huis van hulle verander as hy teruggaan. Hy was baie bitter teenoor sy ouers en ek blameer hom geensins nie.
Ag, ek kan amper n boek skryf hieroor. Maar hy is n super intelligente kind en n ‘Bouncer’ , hy is n seriously slim kind en baie volwasse.
Is jy n Bouncer of n Splatter? Ken jy Splatters of uitsonderlike Bouncers?
+- 43 Jaar terug en so aan… Oktober 2, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.10 comments
Ek was so in my noppies om ou foudies van my Ma af te kry. Die tyd toe die foto geneem is, dink ek, was ek so 2jaartjies oud, jip, dis ek daai, die kleintjie. Toe was ons nog net 5 kinders, maybe 6, want die boetie net jonger as ek is 2jaar jonger as ek, so hy was miskien net-net gebore of het nog gebroei.
Hier is P,my broer wat ek met die pan gedonner het
(4jaar ouer as ek), Ekke, P, sy het ons altyd uit die huis uit gesluit as sy huis skoon gemaak het, dan kak en kerm ons buitekant. Sy het een keer AL my klere uit die venster gegooi want my kas was omgekrap en onnetjies! (9jaar ouer as ek) en E, my sussie in die Kaap wie se make-up ek altyd stukkend gegooi het as sy my kwaad gemaak het! (6jaar ouer as ek). Weet nie waar A, my oudste broer was toe die foto geneem is nie. Seker iewers ander aangejaag.
Ek het eers daaraan gedink om fotos van nou op te sit die verskil te sien wat ouderdom doen, maar weens privaatheid sal ek dit maar n mis gee.
Die kosbaarste foto is sekerlik diè een van my Ouma…onthou julle? Hier sit en hekel sy n rokkie wat ek tot vandag toe het, maar bietjie ge-modify. Marcelle het tot hierdie einste rokkie een keer aangehad maar met pienk strikkies en lintjies. Iewers het ek n foto daarvan ook. My Ma het nou sie dag die rokkie gevat om skoon te maak (was lekker vol stof), en hom bietjie te restoureer, dan gaan ek hom in n raam sit.
















