Sak en pak…uiteindelik Oktober 27, 2009
Posted by tweelingkind in Uncategorized.trackback
Nou ja, die tyd het aangebreek om te pak en trek. Ek is baie besig die laaste tyd om te sort en te pak. Ons hol nog rond vir die laaste detail goed aan die huis, maar dit lyk of als reg sal wees vir intrek diè naweek…uiteindelik! Kan nie meer wag om ons eerste aand daar te slaap nie. Die honde het sommer ook n beter en groter yard. Behalwe vir ons township specialkie wat so oor mure spring sien ek goeie tye vir die honde ook. Maya, die een wat spring en die strate invaar, gaan n probleem daar wees want daar is nie baie vriendelike honde daar rond nie. Sy spring mos oor ander mense se mure ook en dink sy kan daar gaan kuier…eintlik n groot worry daai ! Ons weet nie juis wat om aan die situasie te doen nie…het al ALS probeer, ook die collar wat shock, maar dit het haar nie gekeer om soos n slet die strate in te vaar nie
!
Dan het iets vandag gebeur wat my bietjie ontstel het…jaaaa, dit help nie om oor wildvreemde mense se situasies ontsteld te raak nie, maar mens kan mos nie help nie. Ek was by Lifestyle shopping centre toe n outjie van so 15 my vra vir kos. Hy sê hy en sy broer (wat so skaam en stil stil n ent van hom gestaan het…hy was seker so 17)het ge-hitchhike van Richardsbaai na Port Shepstone (dis moer ver, hoor), en is nou weer oppad terug Richardsbaai toe en hulle is platsak en dood van die honger. Vra ek hom toe nou hoekom het hulle so iets gedoen. Sy antwoord was dat hulle na hulle sussie gaan soek het, maar kon haar nie kry nie. Ek vra toe nou hoekom het hulle na die sussie gaan soek so ver. Blykbaar het sy weggeloop van die huis af want sy het uitgevind sy is swanger. Vir my was dit ontstellend dat twee kinders na hulle sussie op so n manier moet gaan soek. Hulle het heel ordentlik gelyk, na stil, skaam seuns, maar desperaat. Toe ek wegloop kon ek nie help om so in die loop vir die twee n gebedjie op te stuur nie. Waar slaap die twee as hulle nie n lift kry nie?
“Mag die Here hulle hande vashou en veilig terug huistoe bring, en mag die Here die familie help, wat ookal die hele situasie mag wees.”



Het nou n gebedjie ook opgestuur Cleo, so iets breek my hart.En ek, wat mense baie maklik vertrou, sou daai 2 gehelp het om weer terug by die huis te kom. Buskaartjies of treinkaartjie, pakke kos en n klein geldjie. Dis hoe ek is.
Sterkte met die trek!
Ek wonder waar die twee se ouers is, dat hulle die kinders toelaat om so die strate in te vaar… my gebede is ook met hulle en hul sussie.
Mens kan maar net wonder, nè. Ek wonder ook nou hoe oud die sussie is.
En dankie, ja, die trekkery….ai jai jai, sooooo baie pakwerk!
Alta, ek het hulle geld gegee, genoeg vir lekker kos en change. Hier is nie busse of treine Richardsbaai toe nie. Ek het my brein gerack om te dink of ek iemand ken of van weet wat daai kant toe gaan.
Ai man, ek hoop hulle is al terug by die huis. Cleo, jy is n mens met n hart van goud! En mens kan nie help om te wonner waar die ouers dan nou is nie?
Swaar dra al aan die eenkant ♪ ♫ ♪ ♫ swaar dra al aan die eenkant ♪ ♫ ♪ vat jou goed en trek !! ♪ ♫
Ek kry jou jammer Cleo, harde werk, maar toemaar soos hulle sê, alles het ‘n begin en gelukkig ook ‘n einde!
Ek is so bly dat alles uiteindelik nou verby is en ek weet jy gaan dit geniet in jou nuwe huis!!
Jinne dis verskriklik… dis sooo mooi wat die twee outjies gedoen het.
Heyta Cleo.
Lekker om in splinternuwe huis in te trek. Bouwerk toets nie net mens se geduld nie maar ‘n huwelik ook
Nou begin julle seker beplan aan die bou van ‘n aftreeplekkie
Is jy al klaar uitgepak? Jy word gemis.
Liewe deug kind, hoe lank trek jy???
Of sukkel jy ook met Telkom?? Ek het 6 maande gesukkel.
Sterkte en ai, geniet die nuwe huis, want dit is nie al die mense se voorreg om in ‘n “nuwe” eie huis in te trek nie. Heh heh, lekker jaloers is ek nou.
Best of luck, met alles en suster ons mis jou!!
Ai BB, sorry man, maar ek het bietjie ge-hibernate ook! Sal weer later iets post as my brein en als anders bietjie uitgesort is.